Mark 10:46-52, Bartiméüs

Aan die kant van die pad wat uit ‘n vervloekte stad uitgaan, het ‘n hulpelose man gesit en bedel. ‘n Naam het Hy ook nie gehad nie. Die mense het sommer na hom verwys as “Bartiméüs,” dws, “Die seun van Timéüs” want in hierdie wêreld het hy nie getel nie.

Maar God die Vader wat uit die hemele op die mensdom neersien en in hulle harte in-sien, het hom raakgesien en op hom ag gegee. God het opgemerk hoedat hy gretig luister na die  gesprekke en getuienisse van die mense wat met die pad verby beweeg.  Bartimeus het gehoor hoedat hulle  opgewonde praat oor Jesus van Nasaret wat besig was om dorp na dorp te besoek en oor al die wonderwerke wat Hy gedoen, sovêr as wat Hy gegaan het; en God het opgelet hoedat geloof in sy Seun besig was om in Bartimeus se hart op te vlam.

Toe het Hy die Messias na Bartiméüs toe gestuur omdat Bartiméüs nie na Jesus toe kon gaan nie.

Klik hieronder op die pyltjie om na die verhaal en opmerkings daaroor te luister.

Ons verwelkom u KOMMENTAAR EN VRAE. Gebruik asseblief die kontakvorm hieronder daarvoor.



    SwakRedelikGoedBaie goedTreffend


    captcha