
A. CHRISTEN LEIERSKAP
Net ‘n paar gedagtes oor die vereistes waaraan ‘n geestelike leier moet voldoen.
A. Hy moet die gestalte van ‘n dienskneg aanneem
Onse Here Jesus, die Leier en aansteller van alle Christenleiers (soos opge-dra deur die Vader), het vir sy leiers in opleiding geleer dat, om te kwali-fiseer as ‘n topleier, die persoon moes uitstyg as dienaar van sy broers. Om dit te demonstreer, het Hy ‘n handoek en ‘n skottel water geneem en hulle voete gewas (Joh 13:1-17).
… van die maaltyd opgestaan en sy bo-klere uitgetrek en ‘n doek geneem en dit om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in ‘n bak gegooi en die voete van die dissipels begin was en afdroog met die doek wat Hy omgehad het. (Joh 13:4,5).
Die vermoë om andere te dien, is ‘n eienskap wat in die hemel baie hoog ge-ag word. Die hemelse wesens is op die uitkyk vir geleenthede om mekaar te dien. Jesus het ook nie na die aarde gekom om te heers nie, maar om te dien, om sy lewe af te lê vir die mensdom wat Hy geskape het.
B. Hy moet vol wees van die Heilige Gees, geloof en wysheid
In die eerste Christelike gemeentes was dit wat vir leierskap getel het, die mate waartoe die persoon vervul was met die Helige Gees, geloof en wys-heid.
Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel; (Hand 6:3).
En die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies: Stéfanus, ‘n man vol van geloof en van die Heilige Gees … (Han 6:5).
C. Hy moet ‘n onberispelike lewenswandel hê
In 1Tim 3:1-13 is die vereistes om die toets vir ouderling of diaken te slaag, neergelê; die sleutelwoord is, “onberispelik”. Wanneer daar vrae of onse-kerheid rondom ‘n persoon se wandel met God bestaan, mag daardie ver-antwoordelikheid nie aan hom toevertrou word nie, selfs al sou die pos dan maar vir ‘n tydlank vakant moet bly.
D. Hy moet deur God vir die taak gekies wees
Die Seun van God het nie op sy eie oordeel staatgemaak nie, maar ‘n nag in gebed deurgebring waartydens Hy met sy Vader oorleg gepleeg het oor die aanstelling van sy twaalf dissipels (Luk 6:12-16). Dit is die Vader se spesiale prerogatief om leiers aan te stel. Moenie op jou eie oordeel staatmaak nie. Hy mag soms ‘n baie onwaarskynlik persoon om sy eie redes aanstel.
Selfs wanneer ‘n lys van moontlike kandidate saamgestel word, moet daar in gebed op die leiding van die Heilige Gees gewag word.
Om ‘n verkeerde persoon aan te stel, is nie net nadelig vir God se Naam en werk nie, maar dit mag ernstige gevolge hê vir die persoon wat so aangestel word. Ek het amper my lewe verloor toe ek ‘n aanstelling as leier oor ‘n span wat in ‘n Christus vyandige omgewing diens moes gaan doen, aanvaar het. Ek het nie die ondervinding en ook nie die geestelike volwassenheid vir so ‘n delikate taak gehad het nie. Genadiglik het ‘n spanlid, ‘n broer in Chris-tus, my te hulp gekom en uit die penarie gered.
Soms mag die las van leierskap net eenvoudig te veel wees, met die gevolg dat die onopgewasse leier geestelik uitbrand en nie maklik weer herstel nie. Onthou dat ons met die duiwel in ‘n oorlog gewikkel is en dat hy geen ge-nade ken nie.
E. Hy moet gedurigdeur van God hoor
Moses, wat miskien die grootste van al die Ou-Testamentiese leiers was, was ‘n man wat duidelik van God kon hoor; kon hoor wat God sê. Hy het sy roeping direk van die groot, “Ek Is” ontvang en al die pad vanaf Egipte na Kanaän was hy in direkte kontak met die Troon, of sal ons eerder sê, met God wat die heeltyd in hulle midde was.
‘n Christenleier moet bo alle ander in sy kudde uitmunt in die vermoë om van God te hoor; te hoor wat sy wil vir die bediening is. Hy sal dikwels lank voor die tyd weet van ‘n krisis wat aan die kom is en hoe om dit te hanteer. Hy sal altyd in staat wees om die rigting aan te wys waarin die bediening moet gaan en hy sal reg bewys word wanneer dinge reg uitwerk. In so ‘n leier sal sy volgeling vertroue hê en hom volg, selfs wanneer sy leiding nie heeltemal sin maak volgens hul menslike oordeel nie, soos toe Jesus sy dis-sipels teruggelei het in die gevaar in om Lasarus uit die dode te gaan opwek (Joh 11: 8,9). O, die heerlikheid daarvan om van God te hoor en jou mense dan van oorwinning tot oorwinning te lei.
F. BEDIENINGE BINNE ‘N PLAASLIKE GEMEENTE
Kom ons kyk eers na ‘n aantal Skrifgedeeltes en probeer dan om daaruit af te lei watter leiers vir ‘n gemeente aangestel moet word.
En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gesê: Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat om die tafels te bedien nie. Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel; maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord. (Han 6:2-4).
En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het. (Han 14:23).
Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. (1Kor 12:8).
… is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering; of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie ‘n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid. (Rom 12:7).
En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale. Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie? Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê? (1Kor 12:28-30).
En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, (Ef 4:11,12).
Dit is ‘n betroubare woord: as iemand na ‘n opsienersamp verlang, begeer hy ‘n voortreflike werk. (1Ti 3:1).
Net so moet die diakens waardig wees, nie uit twee monde spreek nie, nie verslaaf aan wyn nie, geen vuilgewinsoekers nie, (1Tim 3:8).
Hier is ‘n tabel van die bostaande benamings of beskrywings van gawes en bedieninge wat die Heilige Gees aan die gemeentes gee:
GAWES | BEDIENINGE | BEDIENINGE |
Woord van Wysheid | Ouderlinge | Apostels |
Woord van kennis | Bedieners v tafels/weduwees | Profete |
Geloof | Diakens | Leraars |
Gawes van gesondmaking | Opsieners | Kragte |
Werkinge van kragte | Bediening | Helpers |
Profesie | Lering | Regeringe |
Onderskeiding van geeste | Vermaning | Evangeliste |
Allerhande tale | Uitdeling | Herders |
Uitleg van tale | Voorganger | Leraars |
Bewys van barmhartigheid |
-
- Eerstens sien ons dat die Heilige Gees op baie verskillende wyses deur die lidmate van ‘n gemeentwerk om hulle toe te rus vir die opbouing van die gemeente. Soms vloei ‘n gawe net sporadies deur ‘n lid, soos ‘n Woord van Kennis; dan weer vloei ‘n gawe voordurend deur ‘n lid sodat hy as persoon met daardie gawe vereenselwig word bv ‘n profeet wat dikwels vloei in die gawe van profesie.
- Tweedens, alhoewel die benaming ‘n aanduiding gee van die aard van ‘n bepaalde bediening, is daar geen werksbeskrywing daaraan gekoppel soos wat ons ten opsigte van die OT priesters en profete het nie.
- Derdens: Sommige beskrywings is ook ietwat vaag, soos werkinge van kragte, vermaning, uitdeling, helpers, ens.
- Vierdens is daar nie ‘n aanduiding van ‘n gesagstruktuur nie; soos wat ons dit in die sekulêre wêreld stel: Wie rapporteer aan wie?
- Vyfdens: Nieteenstaande hierdie lang lys van geestelike bedelinge, dek dit sekerlik ook nie al die behoeftes van die Liggaam van Christus nie; bv ‘n bediening soos berading wat vry alge-meen in gemeentes voorkom, word nie vermeld nie.
- Sesdens: Kyk ons vervolgings hoe Christelike kerke hierdie Skrif toegepas het by die aanstelling en benaming van hul leiers, vind ons aansienlike uiteenlopendheid; sommige benamings kom nie eers uit die Skrif nie. Hier volg ‘n lys van benamings wat vry algemeen voorkom: dominie, ouderling, diaken, leraar, herder, pastoor, evangelis, apostel, profeet, pous, priester, kardinaal, biskop. So, alhoewel diepgaande studies al hieroor gemaak en boeke oor die verskillende ampte geskryf is, is daar nie eenstem-migheid nie. Dit dui daarop dat die Skrif nie so duidelik hieroor is nie.
Miskien is die oplossing baie eenvoudiger. Die belangrike feit wat die Skrif by ons wil tuisbring, is dat die Heilige Gees oor gawes vir elke behoefte van ‘n gemeente beskik en dat ‘n gemeente na God moet opsien om hom te lei om sy bedieningsbehoeftes te bepaal en bedienaars daarvoor aan te stel. ‘n Taakomskrywing mag gepas wees en natuurlik ‘n gepaste benaming soos, “aanbiddings-leier, leraar,” ens. Dit kan Bybelse benaminge soos herder (pastoor) ouderling, ens insluit, solank elkeen weet wat van hom of haar verwag word.
In ‘n baie klein gemeente sal een persoon uit die aard van die saak in elk geval verskeie rolle vervul. Die hoofsaak is dat die leier van ‘n bediening se hart en lewe met God reg moet wees sodat die Heilige Gees ongehinderd deur hom of haar kan vloei.
……….