A. OU TESTAMENTIESE VOLK VAN GOD, HUL PLEK VAN SAMEKOMS EN BYDRAES
Gedurende Ou Testamentiese tye was Israel die enigste volk van God en die Tempel in Jerusalem sy enigste aangewese aardse huis. Daarin was die Allerheiligste gedeelte, bevattende die ark van die verbond met sy versoen-deksel en die twee afbeeldinge van gerubs wat met uitgespreide vlerke daaroor gewaak het, die staf van Moses wat elke maand gebot het, ‘n kopie van die Wet, ens, dit alles verborge agter ‘n dik gordyn. Dit is waar God in die midde van sy volk “gewoon” het. Dit was dan ook die plek wat deur God aangewys is waarheen sy volk moes kom om hom te aanbid en om hul godsdienstige feeste te vier.
Hierheen het gelowiges ook hul offergawes en tiendes gebring. Dié was eerstens bedoel as offers aan God maar het ook gedien as middele om die tempel in stand te hou en die “personeel” soos priesters en Leviete van ‘n lewensonderhoud te verseker.
As gevolg van die lang afstande wat hulle moes reis om daar te kom, het die behoefte mettertyd ontstaan vir plaaslike plekke vir byeenkomste van gelo-wiges en sinagoges is oor die hele land tot stand gebring. Met die aanvang van die Nuwe Testament was hulle reeds goed gevestig. Die Here Jesus het byvoorbeeld die sinagoge in Nasaret, sy tuisdorp, besoek en daar gepreek.
B. NUWE TESTAMENTIESE VOLK VAN GOD, HUL PLEKKE VAN SAMEKOMS EN BYDRAES
In die Nuwe Testamentiese bedeling het die opset radikaal verander. Nou is elke wedergebore mens ‘n burger van God se nuwe geestelike volk en elk-een ook ‘n tempel van die Heilige Gees wat in hom woon (1Kor 3:16). Van-dag is daar dus miljoene tempels van God oor die ganse aardbol en onder elke volk versprei. Ons kan dit ook so sien dat alle Christene gesamentlik die kollektiewe tempel van God is.
(‘n Welmenende, vrome sondagskoolonderwyseres wat hierdie begrip nog nie mooi verstaan het nie, het ontsteld uitgeroep, “Dominie die kinders kou kougom in die heiligdom,” waarop hy geantwoord het, “Suster die heiligdomme kou die kougom.”)
God se kinders (1Joh 3:1), ook bekend as sy liggaam (Kol 1:24), gemeente (Mat 16:18), of bruid (Open 21:9), is nou wêreldwyd verspreid. In plaas daarvan dat mense opgaan na die tempel waarin God woon, kom die tem-pels waarin God woon in grotere of kleinere groepies bymekaar op plekke wat binne hul bereik is om Hom daar gesamentlik te aanbid. (Terloops: Dit is dus verkeerd om van ‘n kerkgebou te praat as “Die huis van God.”) Elke plaaslike gemeente moet ook in gedagte hou dat hy maar net een van dui-sende ander gemeentes is en so ‘n breër visie van die Here se betrokken-heid op aarde in sy denke vestig.
Hieruit volg dit logies dat die werk van God wêreldwyd finansieël onder-steun moet word sodat daar nie geestelike woestyne ontstaan nie.
C. BYEENKOM VAN GELOWIGES
Al is daar groot verskille tussen die aard van die Ou- en Nuwe-Testamen-tiese byeenkomste van die volk van God/liggaam van Christus, is daar een kardinale gemene-deler, naamlik dat gelowiges bymekaar MOET kom, al sou dit groot opoffering verg soos vir die OT gelowiges waarvan sommige honderde kilometer te voet moes aflê om die tempel te besoek. As NT gelo-wiges word ons dan ook gemaan om gereeld byeen te kom.
… en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. (Heb 10:25).
D. WANNEER KAN ONS PRAAT VAN ‘N “GEMEENTE”?
Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde. (Mat 18:20).
Beteken dit ook dat waar so min as twee persone in Jesus se Naam vergader met lofprysing en aanbidding, die Skrif saam bestudeer en voorbidding doen vir andere, hulle twee as ‘n gemeente gesien kan word? Gestel hulle is die enigste twee wedergeborenes in ‘n groot heidense omgewing? Dalk net ‘n egpaar; man en vrou. Hoekom nie? Hieroor wil ek my egter nie uitspreek nie; dit verg veel meer Skrifnavorsing en gebed.
Miskien is dit ook nie so belangrik nie, maar kom ons dink tog ‘n bietjie ver-der na oor hierdie saak aangesien al meer sulke groepe landwyd ontstaan.
NOODSAAKLIKE EN WAARSKYNLIKE KENMERKE VAN ‘N CHRISTEN GEMEENTE
(Kwaliteite en aktiwiteite wat ‘n mens van so ‘n gemeente sou verwag – nie noodwendig in volgore van belangrikheid nie).
-
- Wedergebore lede.
- Gereëlde samekomste.
- Bedoeling dat dit ‘n gemeente moet wees (Onderlinge binding tussen lede en lojalitet aan die groep).
- Leierskap en bestuur.
- Beheer van lidmaatskap?
- Bestudering van die Skrif.
- God-gesentreerdheid.
- Gebed, lofprysing, aanbidding.
- Hou van die nagmaal.
- Waterdoping van nuwe bekeerlinge.
- Doping in die Heilige Gees.
- Beoefening van die gawes van die Gees.
- Onderlinge sorg vir mekaar (Materieël en geestelik).
- Nakoming van die Groot Opdrag; making van dissipels.
- Optrede teen afvalliges.
E. HUISGEMEENTES
Na Pinksterdag moes die hele tempeldiens eintlik gestaak gewees het. Die offer van diere was nie meer nodig nie, want Jesus het homself eens en vir altyd vir die sonde van die mensdom geoffer gehad. Die ampte of rol van die priesters moes ook beëindig gewees het, want Jesus het ons enigste Hoë-priester geword wat nou aan die regterhand van die Vader sit en vir ons intree. Die tempel moes voortaan net as ‘n gewone gebou beskou en bv aan-gepas gewees het as ‘n saal waar wedergebore gelowiges kon vergader om in Jesus se Naam te aanbid en waar die apostels hulle kon onderrig om die Here op die nuwe lewende wyse te dien.
Maar, soos ons weet, het dit nie so gebeur nie. Die Hoëpriester en ander geestelike leiers wat die Here Jesus gekruisig het, het die Christene en hul leiers geopponeer en vervolg, veral wanneer hulle die tempel besoek het om te aanbid en die Evangelie daar te verkondig en soms wonderdade van genesing daar bewerk het.
Die Christen predikers het ook oral waar hulle gereis het, van die sinagoges gebruik gemaak, maar omdat hul boodskap in stryd was, nie met die Skrif nie, maar met die Jode se vertolking daarvan, is hulle uitgeban, vervolg of ten minste nie toegelaat om daar te preek nie.
Die behoefte het gevolglik ontstaan vir alternatiewe plekke waar Christene bymekaar kon kom. Aanvanklik was daar net in Jerusalem alleen 3 000 be-keerlinge wat binne ‘n ommesientjie aangegroei het tot 5 000 en meer; ‘n baie groot aantal mense om onder een dak te akkommodeer. Die gevolg was dat hulle in klein groepies opgebreek en soos die Skrif dit stel, “van huis tot huis brood gebreek” het. Dit was die begin van huisgemeentes wat versprei het na ander dorpe en lande. Paulus het dikwels in sy briewe verwys na die een of ander gemeente wat in die huis van so en so ‘n persoon was (Rom 16:5; 1 Kor 16:19; Fil 2;2).
In lande waar die regering Christene vyandig gesind is, is kom die Christene vandag nog steeds op hierdie wyse byeen. Dikwels moet hulle stilletjies in sulke huise insluip om nie ontdek en doodgemaak te word nie. Sulke klein, minder sigbare gemeentes kan baie makliker onder vyandige omstandig-hede voortbestaan as groter groepe wat baie meer aandag trek.
In armer gemeenskappe of gemeenskappe waar daar so min kinders van God is dat hulle nie ‘n gebou of voltydse geestelike leier kan bekostig nie, is sulke huisgemeentes die antwoord en van hulle bestaan daar baie duisende in Suid-Afrika. Dikwels rig hulle net ‘n sinkgeboutjie in ‘n agterplaas op waarin 10 tot 20 mense op ‘n Sondag bymekaarkom,maar waar die Here net so heelhartig aanbid word as in die peperduur hoëtoring gebou in die hoof-straat.
Die belangrike ding is dat God wil hê dat sy mense gereeld bymekaar moet kom om onderlinge gemeenskap met mekaar te beoefen, die Skrif te bestu-deer en hom te aanbid.
“Gemeente” of “Kerk” ? In die Grieks word blykbaar net een woord gebruik, naamlik, “Ekklesia” maar in Afrikaans is daar die twee woorde. Een ver-taling gebruik die een en die ander weer die ander, terwyl ‘n derde albei ge-bruik: “Gemeente” vir ‘n enkel groep en “Kerk” vir die Liggaam van Chris-tus in die algemeen of wêreldwyd. Ons gebruik maar die woord “Gemeente” omdat ons merendeels van enkel gemeentes praat.
F. GROOT GEMEENTES TEENOOR HUISGEMEENTES
Deesdae het ons huisgemeentes met selfs minder as tien lede, veral in klei-ner plattelandse dorpe, maar dan is daar ook kerke met ‘n lidmatetal van 10 000 en meer. Wat is nou die beste? Kom ons kyk na ‘n paar voor en nadele.
- Groot gemeentes
-
-
-
- Voordele
-
- In staat om ten minste een voltydse, goed opgeleide leier te dra en is daardeur in ‘n bevoorregte posisie om aan sy lidmate le-ring te gee aangaande die hele raadsplan van God.
- In staat om vanuit sy groot lidmate poel leiers vir allerhande bedieninge te trek soos vir aanbidding, vir die jeug, vir die kinders, ens. Daar behoort ook lidmate te wees wat vloei in al nege die geestelike gawes. So ‘n gemeente kan dalk selfs die volle vyf-vou-dige bediening akkommodeer (Rom 12:4-8; 1Kor 12:28; Ef 4:11,12). Dit is daarom beter toegerus om die heiliges toe te rus vir hul dienswerk aan God.
- Dit beskik oor groter finansiële- en menslike hulpbronne om die Groot Opdrag om van alle nasies dissipels te maak, te kan uitvoer (Mat 28:19).
- Soos ‘n stad wat op ‘n berg lê baie sigbaar is, veral in die nag, kan so gemeente nie misge-kyk word deur die donker ongeredde wê-reld wat dit omring nie. Soos Nikodemus wat een nag in die geheim gekom het om Jesus te raadpleeg, kan mense wat God soek, maar nie gesien wil wees nie, ongemerk in byeenkomste inglip, deur die Gees bedien en weergebore word.
-
- Voordele
-
-
-
-
-
- Nadele
-
-
-
-
-
-
-
- Die administrasie van ‘n groot kerk, neem ‘n groot snit uit die lidmate se tiendes en offer-gawes om ‘n kerkgebou op te rig, lugreëling en ‘n klank- en beeldstelsel te installeer, mat-te te lê en stoele aan te koop; ‘n kom-buis en kafeteria daar te stel, die gronde uit te lê en dan nog die lopende uitgawes aan administrasie en die salarisse van die gees-telike en administratiewe personeel te dek.
- Die geestelike leiers, soos leraars, se tyd word meestens uitsluitlik bestee aan lid-mate van die gemeente; hulle het nie die tyd om na mense buite die gemeente uit te reik nie.
- Sommige lidmate neig om geestelik lui te word, want hulle word met ‘n lepel gevoer en ontwikkel gevolglik nie as geestelike ar-beiders nie. Dit word deels oorkom deur lid-mate in kleiner groepe in te deel wat dan bykomend op ‘n weeksdag byeenkom. Dit hou groot voordele in, maar of dit sal posvat en slaag, hang baie af van die visie van die hoof leier van die gemeente.
- Die groot opdrag om heen te gaan en dissipels te maak van al die nasies, word dikwels verwaarloos omdat die gemeente op homself en sy onmiddellike omgewing konsentreer . Lidmate wat ‘n visie het vir meer afgeleë volke, moet hulle eie fondse bekom en dan buite die kerklike strukture om uitreik. Laat ons daarmee volstaan.
-
-
-
-
- Huisgemeentes
-
-
-
- Voordele
-
-
-
-
-
-
-
- Finansieël verg ‘n huisgemeente feitlik geen uitleg om in eie behoeftes te voorsien nie, want dit gebruik lede se huise vir byeen-komste en die lede bedien mekaar in stede daarvan om ‘n leraar daarvoor te betaal.
- Feitlik al sy finansiële middele is dus beskik-baar om uit te reik na verlorenes en as vyf families hulle tiendes bymekaar voeg en soms bykomende offers gee, kan twee of drie huiskerke ‘n voltydse paartjie in ‘n an-der land plaas en onderhou om huiskerke daar te begin. Lede van die huiskerke wat so ‘n aksie loods, kan ook die werk daar, van tyd tot tyd gaan besoek en terug rapporteer en sodoende ‘n baie dinamiese sendingaksie bedryf.
- In so ‘n klein groepie kan elke lid geestelik beter versorg word, speel elkeen ‘n aktiewe rol en word hulle sodoende gestimuleer om vinniger te groei.
-
-
-
-
-
-
-
- Nadele
-
-
-
-
-
-
-
- Dit sal gewoonlik nie die voordele van goed-opgeleide leiers geniet nie, maar lering kan met videos, ens aangevul word. Verskeie huisgemeentes kan ook soms, sê een keer per maand, bymekaarkom om voordeel te trek uit mekaar se bedieninge, en kan vir sulke geleenthede betroubare christenleiers uitnooi om hulle te kom bedien.
- Wanneer ‘n aantal christene bymekaarkom om ‘n huisgemeente te vorm, maar nog steeds elk lidmaat van sy eie gemeente bly , kom die huiskerk nêrens nie, want die lede se trou is dan verdeeld en hulle sal hul tyd en fondse op twee plekke aanwend. Dit is soos ‘n vrou wat met twee mans terselfder-tyd getroud wil wees: een van die twee, of albei, sal verwaarloos word.
-
-
-
-
G. DENOMINASIES EN NETWERKE
- Denominasies
Hierdie liggame ontwikkel wanneer die lede van ‘n gemeente toeneem tot die mate dat dit wenslik of voordelig is om nog gemeentes tot stand te bring, eerder as om verder te groei tot ‘n mega gemeente. Hierdie individuele gemeentes deel gewoonlik dieselfde lering (bely-denis). Die moedergemeente sal dan ‘n variërende mate van beheer oor die dogterkerke uitoefen of ‘n aparte liggaam soos ‘n sinode sal in-gestel word om al die gemeentes te beheer.
Nadele van so ‘n opset is dat die beherende liggaam dikwels rigiede beheer oor sy lede uitoefen en hulle vryheid beperk om te ontwikkel soos wat die Heilige Gees hulle lei. Sou die beherende liggaam van die pad afdwaal, sal die kerke wat daaronder val, moontlik ook die ver-keerde rigting inslaan. Sulke beherende liggame slurp ook baie fondse op, sonder om direk by te dra tot die uitbreiding of opbouing van die Koninkryk.
- Netwerke
‘n Meer bevredigende oplossing vir die behoefte aan wedersydse on-dersteuning van enersdenkende gemeentes, is om ‘n netwerk van ge-meentes daar te stel wat voordeel trek uit hulle onderlinge onder-steuning maar wat mekaar nie beheer nie; elke plaaslike gemeente opereer dan nog onafhanklik.
H. FUNKSIONERING VAN ‘N HUISGEMEENTE
In 1Kor 14:26-40 gee Paulus ‘n baie handige riglyn van wat in ‘n huisge-meente moet gebeur wanneer dit vergader.
Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging—laat alles tot stigting geskied. (1Kor 14:26).
Laat ons probeer om ‘n paar beginsels hieruit te haal terwyl ons ook die voorafgaande hoofstukke in gedagte hou:
- Die Heilige Gees moet algeheel in beheer wees
Hierdie is die belangrikste geheim van ‘n suksesvolle, God verheer-likende, lewens-veranderende byeenkoms. So ‘n byeenkoms sal nooit vervelig wees nie.
- Elke lid moet deelneem
… Wanneer julle bymekaarkom het elkeen … In hfs 12 beklemtoon Pau-lus die feit dat ons soos verskillende lede van die menslike liggaam is wat elkeen ‘n bydrae lewer deur sy unieke funksie, sodat die liggaam behoorlik kan funksioneer. Wanneer die oog wat kan sien, jeuk, moet die hand wat nie kan sien nie, tot sy hulp kom deur hom te vryf en wanneer die hand ‘n koeksister uit die bord moet neem, moet die oog hom daarheen lei, so nie stamp hy dalk die koffiepot om. Elke lid moet aangemoedig word om onder die leiding van die Heilige Gees ‘n by-drae te lewer tot die seën van almal.
- ‘n Verskeidenheid van gawes moet vloei.
(Sien 1Kor 12 en 14 vir die nege gawes van die Gees, asook die afson-derlike studiegids wat daaroor handel).
So ‘n byeenkoms is nie ‘n Bybelstudiebyeenkoms nie, alhoewel lering vanuit die Woord natuurlik baie belangrik is, maar ons het nie almal die gawe van lering nie en elkeen moet deelneem ooreenkomstig sy of haar gawe.
-
-
-
- Die een mag ‘n bekende lied opgee wat God op sy hart gelê het en vra dat ‘n ander wat oor die musiektalent beskik, sal lei en almal saam sal sing. Die Heilige Gees sal dan daardie lied gebruik om al die lede te seën. Jy mag natuurlik ook jou eie nuwe lied komponeer en wat ‘n seën sal dit nie wees nie.
- Daarna mag iemand anders in ‘n taal spreek, waarna almal luister na iemand wat dit uitlê deur die gawe van uitleg van tale wat hy van God ontvang het.
- Dan weer mag ‘n ander kom met ‘n profesie vir die groep, of vir ‘n spesifieke lid, of ‘n woord van kennis en sê, “Ek voel aan dat die Here wil hê dat ons dring-end vir die Staatspresident moet bid wat op hierdie oomblik goddelike wysheid nodig het vir ‘n baie be-langrike besluit wat hy moet neem”.
- Nadat die groep dan saam gebid het, mag iemand an-ders sê, “Die Here het vir my die volgende Skrif gegee as ‘n antwoord op die gebed wat ons so pas gebid het” en dit dan voorlees.
- Wanneer dit by die bestudering van die Skrif kom, kan ‘n lid wat toegerus is met ‘n bediening van lering, ‘n bepaalde Skrifgedeelte behandel, maar dit werk baie goed om soms net die Skrifgedeelte voor te lees en aan almal die geleentheid te gee om deel te neem aan ‘n groepsbespreking, eerder as dat net een persoon ‘n lering daaroor gee.
-
-
Die moontlikhede is onbeperk; net so onbeperk soos die kreatiwiteit van die alwyse Gees van God. Al wat Hy verlang, is dat die beheer van die byeenkoms aan hom oorgegee moet word; en onthou om altyd die vertrek te vul met lofprysing en aanbidding; dit is soos ‘n hemelse geestelike wolk en is die woonplek van die Hemelse Besoeker.
I. FUNKSIONERING VAN ‘N GROTER GEMEENTE
Groter gemeentes mag dit, weens hul groter bywoning getalle , moeilik vind om die riglyne wat in die Skrif gegee word, na te volg, maar dit moet nie sommer om praktiese redes net verwerp word nie. Vra eerder die Here vir wysheid om dit in dié andersoortige situasie toe te pas.
J. ANDER CHRISTELIKE ORGANISASIES
Omdat gemeentes nie oor die vaardighede beskik om aan al die soorte be-dieninge van die Koninkryk reg te laat geskied, of soms nie die visie daar-voor het nie, het die Here ‘n menigte van sending- en ander verwante or-ganisasies opgerig om hierdie taak onder hande te neem.
Dat God ander middele as die gewone aanwend om sy werk uit te voer, is geensins ‘n nuwe verskynsel nie. In die Ou Testament het Hy priesters en Leviete aangestel om sy gewone werk te doen. Die priesters het basies ‘n bemiddelingsfunksie gehad en moes offerandes tot God bring ten behoewe van die mense, terwyl die Leviete moes help met allerhand praktiese take in en om die tempel. Die priesters, en tot ‘n mindere mate die Leviete, het ook die Wet van God aan die volk verkondig en uitgelê.
Wanneer die Here egter ‘n spesiale woord vir sy mense gehad het, soos om hulle tot bekering op te roep, het Hy na willekeur profete vanuit alle lewen-vlakke geroep om sy mondstukke te wees en hulle uitgestuur om sy bood-skap oor te dra aan sy volk, Israel, maar ook aan ander omringende nasies. Hulle was direk aan hom verantwoordelik en nie aan die Hoëpriester nie.
So is daar deesdae baie christenorganisasies wat deur God geroep is, onaf-hanklik van plaaslike gemeentes funksioneer en ‘n baie belangrike deel van God se arbeidsmag uitmaak.
Elke Christen wat ‘n lid van ‘n plaaslike gemeente is wat nie baie aktief na ander werke van God buite die gemeente uitreik en ‘n beduidenisvolle deel van sy geestelike en finansiële bronne daarvoor aanwend nie, bv om die Groot Opdrag uit te voer nie, behoort God te vra watter van hierdie orga-nisasies hy moet ondersteun, bykomend tot wat hy binne sy eie gemeente doen. Moenie eendag voor die Troon van God met leë hande gaan staan nie. Sulke organisasies sluit die volgende tipes in:
-
- Vertaling van die Skrifte in ander tale.
- Sendinge of individue wat te voet of per vliegtuig, skip, motorkar, donkiekar of wat ookal uitgaan om die Evangelie te bring aan hulle wat buite bereik van die plaaslike gemeente is.
- Organisasies wat die Evangelie uitdra deur middel van die radio, televisie, webwerwe en ander elektroniese middele – ‘n enorme werk word wêreldwyd op hierdie wyse verrig.
- Drukkers en verspreiders van Christelike lektuur.
- Gebedsgroepe wat bid vir mense wat nie persoonlik bereik kan word nie soos mense in Christus vyandige lande.
Let ook daarop dat hierdie “buite gemeentelike” bedieninge baie gespe-sialiseerd is en min gemeentes oor die vaardighede beskik om hulle be-hoorlik te kan bedryf. Selfs sendingorganisasies verg groot kundigheid en dit is dikwels wenslik dat fondse aan so ‘n organisasie geskenk word, eerder as om te probeer om dit self te bedryf. “Gemeente” moet dus in wyer sin verstaan word.
K. ANDER MANIERE OM DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS TE DIEN
Daar is baie sosiale media kanale wat baie bruikbaar geraak het om Chris-tene te help om in kontak met mekaar te bly, mekaar op te bou en te be-moedig. Laat ons daarvan gebruikmaak terwyl dit nog oop is.
L. DIE SKEIDING VAN GEESTELIKE EN MATERIËLE BEDIENINGE
Die eerste gemeente het wyslik gehandel om diakens aan te stel om, om te sien na materiële aangeleenthede, soos om die weduwees en die arm mense te versorg, sodat die ouderlinge hulleself kon toespits op die prediking van die Woord en gebed (Han 6:1-7). Praktiese verpligtinge is baie makliker om na te kom as geestelike verpligtinge en wanneer hulle langs mekaar han-teer word, sal die materiële sake altyd domineer; dit sal groter aanspraak maak op beide tyd en finansies.
Dit is veral waar van sendinge. In sommige gemeenskappe mag daar gewel-dige lyding wees as gevolg van armoede en siektes en sendelinge mag belas voel om ook aan hierdie saak aandag te gee. Dit is ongelukkig die rede waarom baie sendinge tot niet gaan. Hulle het miskien begin om met bran-dende harte die Evangelie te verkondig, maar na mate hulle betrokke ge-raak het om fondse in te samel vir die mense se fisiese behoeftes en dit aan te wend, het hulle daarmee so besig en moeg geraak, dat die geestelike sy van die werk al hoe meer op die agtergrond geraak en later heeltemaal ver-dwyn het.
Begin eerder ‘n aparte bediening met sy eie personeel en ondersteunings-basis vir die mense se tydelike behoeftes. So nie, as dit dan absoluut nood-saaklik is dat een en dieselfde sending beide take moet hanteer, laat die geestelike en tydelike funksies rug-aan-rug uitgevoer word sodat elkeen sy eie visie nastreef. Net God is groot genoeg om aan albei kante reg te laat geskied.
……….