A. SY NAME
Satan | Vyand/moeilikheidmaker? |
Duiwel | Kwaadprater? |
Slang | Gen 3:1, ens. |
Draak | Open, 13x |
Aanklaer van die broers | Open 12:10 |
Teenstander | 2Thes 2:4; 1Pe 5:8 |
Moordenaar | Joh 8:44 |
Leuenaar | Joh 8:44 |
Vader van die leuen | Joh 8:44 |
Die bose | 1Joh 5:19 |
‘n Brullende Leeu | 1Pet 5:8 |
B. SY OORSPRONG
(Lees asseblief Ese 28:11-19).
In hierdie Skrifgedeelte, gelees tesame met die voorafgaande verse, word die duiwel vergelyk met die koning van Tirus. Daardie koning was baie begaafd en het buitengewoon ryk geword deur handel te dryf met die omliggende nasies. Toe het hy trots geword en is deur God neergewerp.
Dieselfde het met satan gebeur. Hy was waarskynlik die glorierykste van al God se engele en het oor Sy heerlikheid gewaak. Sy woning was in ‘n ander “Eden” wat nie bekend was vir sy uitsondelike plantegroei nie, maar vir sy kosbare gesteentes. Maar, hoogmoed het toe in sy hart opgewel en hy het teen God gerebelleer en beplan om Hom te onttroon. Uiteindelik is hy, en die engele wat hom gevolg het, uit die hemel neergewerp (Openb 12:7-10).
Die Here beantwoord nie al ons vrae aangaande hom nie. Byvoorbeeld, waarom sonde hom oorwin het sonder dat iemand hom versoek het?
C. SY WERKE EN EINDE OP AARDE
Van Génesis tot Openbaring kan ons die spoor van die slang volg, maar laat ons net ‘n paar gevalle noem. Alhoewel satan nie in elk van die volgende voorbeelde by name genoem word as die een wat die boosheid bewerk het nie, kan dit afgelei word uit wat die res van die Skrif ons omtrent hom leer.
- Adam en Eva
Hy het Adam en Eva versoeking en mislei om te sondig en daardeur ‘n wurggreep op die mensdom en die skepping verkry (Gén 3:1-24). Die Here Jesus het gesê die hele wêreld lê in die mag van die bose (1Joh 5:19).
- Job
Hierdie vroom man van God van wie daar geen gelyke op die hele aarde te vinde was nie, was spesifiek deur die duiwel geteiken. Nadat hy van God toestemming daartoe verkry het, het hy hom onmenslik geteister (Job 1:1 ens.).
- Die sondvloed
Die mensdom het so goddeloos geword weens sonde wat deur satan aangehits was, dat God almal moes vernietig, behalwe vir Noag en sy familie (Gen 6:9, ens.).
- Die Toring van Babel
Daar het satan die mensdom verlei om teen God te rebelleer deur ‘n toring te bou wat tot aan die hemel sou reik. Die Here het sy planne verydel deur die bouers se taal te verwar sodat hulle die projek gewonne moes gee (Gen 11:1-9).
- Koning Dawid
Hy was ‘n man en koning na God se hart maar eendag, deur Satan versoek, het hy geval vir ‘n vrou genaamd Batseba en haar man daarna vermoor om sy sonde te bedek (2Sam 11:3 ens.)
- Die Here Jesus in die woestyn
Hier, vir die eerste keer in ongeveer 6000 jaar, is satan verslaan. Drie keer het hy die Here versoek, maar kon Hom nie beweeg om teen God, Sy Vader te sondig nie (Matt 4:1-11).
- Die Here Jesus aan die kruis
Hier nogeens, is satan verslaan. Hy het die Joodse leiers oorreed om die Seun van God dood te maak deur Hom aan ‘n kruis vas te spyker, maar op die derde dag het Hy die oorwinnend uit die dood opgestaan (Matt 27, 28).
- Die verdrukking
Gedurende die sewe jaar van verdrukking, sal die duiwel die hoogtepunt van sy vernietigingswerk op aarde deur middel van die anti-Chris en die valse profeet bereik. Dan sal hy egter in die bodemlose put gegooi en vir 1000 jaar daarin bewaar word (Openb 7:14; 20:2, 3).
- Armageddon
Wanneer die 1000 jaar ten einde loop, sal satan weer vrygelaat word uit die put. Dan sal hy uitgaan en die nasies mislei en byeenbring en ‘n voluit aanval op die Here Jesus en sy mense loods. Die Here sal hulle egter met vuur uit die hemel uitdelg en satan in die poel van vuur werp (Openb 20:7-10).
D. ‘N CHRISTEN SE HANTERING VAN sATAN
- Ons moet weet dat hy so sterk soos ‘n brullende leeu is.
- Ons moet weet dat hy so geslepe soos ‘n slang is.
- Ons moet weet dat ons Here hom in die Wildernis en aan die kruis verslaan het.
- Ons moet al die middele gebruik wat God vir ons gegee het om onsself mee te beskerm (die volle wapenrusting, Ef 6:6-20).
- Ons sal sien hoe hy van ons af sal wegvlug, want hy vrees die Heilige Gees Wie binne-in ons woon.
//////////
……….