Die Mens: skepping en samestelling

A. DIE MENS IS OORSPRONKLIK GESKAPE NA DIE BEELD VAN GOD

      • En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. (Gen 1:27).

Die mens is geskape na die beeld van God. Beide die man en die vrou is na die beeld van God geskape maar gesamentlik, as manlik en vroulik, beeld  hulle die Here die beste uit; vertoon hulle sy eienskappe meer volledig. Deurdat hulle in sekere opsigte van mekaar verskil, vul hulle mekaar aan en gesamentlik is hulle ‘n volkome mens.

      • En julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. (Eph 4:24).

Die nuwe wedergebore mens is geskape na die beeld van God se geregtigheid. Aangesien God onveranderlik is, impliseer dit dat die eerste mens wat ook na sy beeld geskape was, ook ‘n regverdige en heilige persoon was.

B. DIE MENS SE SAMESTELLING

      • Die mens bestaan uit gees siel en liggaam

En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! (1Th 5:23).  

Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. (Heb 4:12).  

      • Die verskil tussen siel en gees

Sommige leer dat die siel van die mens bestaan uit sy intellek, wil en emosies alleenlik. Daar is egter baie Skrifverwysings waarin die woord “siel” gebruik word om die hele innerlike mens aan te dui, insluitendes sy gees en dit geld vir sy samestelling beide in hierdie lewe en in die lewe hierna.

En toe haar siel uitgaan—want sy het gesterwe—noem sy hom Ben-Oni. Maar sy vader het hom Benjamin genoem. (Gen 35:18).

God, wat Gees is, praat ook van SY siel:

Maar die HERE het vir my gesê: Al staan Moses en Samuel voor my aangesig, my siel wil niks van hierdie volk weet nie; dryf hulle van my aangesig af weg, en laat hulle heengaan. (Jer 15:1).

En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie. (Lev 26:11).  

In sommige tekse verwys die woord “siel” ook na ‘n persoon se lewe.

Dit sou dus beter wees om te aanvaar dat die woord “siel,” na die hele innerlike mens verwys.

      • Die Heilige Gees konnekteer met die mens se gees

Dit lyk ook redelik om te sê dat, aangesien God wesentlik gees is, dit die gees komponent van die mens is met wie Hy in verbinding is en waar die Heilige Gees kom woon wanneer ‘n mens sy lewe vir hom oopmaak.

God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. (Joh 4:24).  

Die mens moet God vanuit sy gees aanbid.


……….

VIR AFLAAI (“DOWNLOAD”) IN PDF FORMAAT, KLIK → MENS, SKEPPING, SAMESTELLING . Klik dan op die aflaai pyltjie regs bo-aan die bladsy ⇓ . Indien u webleser (“browser”) nie oor ‘n PDF fasiliteit beskik nie, kan u dit deur middel van ‘n toep (“app”) op u selfoon of ander instrument aflaai.

Ons verwelkom ook u KOMMENTAAR EN VRAE. Gebruik asseblief die kontakvorm hieronder daarvoor.



    SwakRedelikGoedBaie goedTreffend


    captcha