Gebruik van die Studiegidse

A. DOEL VAN DIE GIDSE.

Die gidse is geskryf om jou te help om:

  1. Die belangrikste feite in die Skrifgedeeltes wat jy lees, te identifiseer.
  2. Die lesse wat daarin opgesluit is, te ontdek.
  3. Daardie lesse in jou lewe toe te pas sodat dit deel van jou leefwyse kan word.

Dit sal dus geen doel dien om vlugtig deur die gids te lees nie. Dit is nie ‘n roman of ‘n prenteboek nie. Die meeste geestelike lesse sal eers vir jou betekenis begin kry wanneer jy ‘n ruklank daarmee gestoei het.

B. PROSEDURE.

  1. Kyk watter Skrifgedeelte aangegee word, slaan dit na en lees dit aandagtig deur. Moenie aan die versoeking toegee om hierdie stap oor te slaan en sommer in te val deur die inhoud van die gids te begin lees nie.
  2. Dit mag beter wees om uit jou gedrukte Bybel te lees want daarin kan jy onderstreep en kantaantekeninge maak, maar as jy bedrewe is om dit so in ‘n elektroniese Bybel te doen; net so goed.
  3. Maak ‘n lys van die belangriker feite wat jy in dié gedeelte vind – hou dus ‘n notaboek en skryfding byderhand.
  4. Peins nou oor elke punt en sien watter lesse jy daaruit kan haal. Peins beteken maar net om diep na te dink terwyl jy na die Heilige Gees opsien om jou ‘n helder insig te gee.
  5. Hier help dit soms om vrae te vra soos:
  • Wie het wat, vir wie, gedoen of gesê/nie gedoen of gesê nie, waarom, wanneer, waar en wat was die gevolge daarvan?
  • Wat sou die regte ding gewees het om te gedoen of gesê of nie te gedoen/gesê gewees het nie, ens.?
  • Wie is die verskillende karakters, watter  rol het elk van hulle gespeel en wat het elkeen reg/verkeerd gedoen?
  • Wat was die Here se boodskap hieruit aan die mense vir wie Hy dit oorspronklik bedoel het?
  • Wat is Sy boodskap hier-uit vir my en vir die mense van ons tyd?
  • Vergelyk jou antwoorde met dié van die gids.
  • Bid nou die Here om jou te help om hierdie lesse in jou eie lewe toe te pas.

GENIET DIT!

Dink na oor wat ek sê en mag die Here jou insig gee in alles!

2 Tim 2:7

……….

VIR AFLAAI (“DOWNLOAD”) IN PDF FORMAAT, KLIK → STUDIEGIDSE . Klik dan op die aflaai pyltjie regs bo-aan die bladsy ⇓ . Indien u webleser (“browser”) nie oor ‘n PDF fasiliteit beskik nie, kan u dit deur middel van ‘n toep (“app”) op u selfoon of ander instrument aflaai.

Ons verwelkom ook u KOMMENTAAR EN VRAE. Gebruik asseblief die kontakvorm hieronder daarvoor.



    SwakRedelikGoedBaie goedTreffend


    captcha