A. HY IS DIE WOORD
-
-
- Die Woord wat vooraf reeds bestaan het
-
Hy het van alle ewigheid af bestaan, reeds voor die grondlegging van die heelal.
In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. (Joh 1:1).
-
-
- Die Skeppende Woord
-
Hy het die woorde uitgespreek waardeur die Vader alles geskape het (Dit was vroeër in meer besonderhede bespreek).
Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. (Joh 1:3).
-
-
- Die vleesgeworde Woord
-
En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid. (Joh 1:14).
-
-
- Die Beliggaming van die geskrewe Woord
-
Omdat Hy, soos ons later sal sien, die Middelaar is deur Wie die Vader die heelal bestuur, en omdat die die Bybel handel oor God se bestuur van die heelal, is daar ‘n baie noue verband tussen Jesus en die Skrif. Dit is waarskynlik een rede waarom Hy die “Woord” genoem word, die Woord wat vlees geword het. Wanneer ons die Woord in alle nederigheid en geloof lees, is ons besig om gemeenskap te hou met die Here Jesus; dan sit ons aan sy voete soos wat Maria gedoen het toe sy deur hom geleer was.
B. HY IS DIE “ENGEL VAN DIE HERE”
Hy was in die Ou Testament by die mens betrokke as die “Engel Van Die Here”. Dit is hoe daar na hom verwys is en baie gevalle is aangeteken waar Hy by die mens betrokke was.
Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! (Gen 22:11).
Daarop verskyn die Engel van die HERE aan hom in ‘n vuurvlam uit ‘n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie! (Eks 3:2).
Ons moet dus tot die gevolgtrekking kom dat, reg van die begin af, nadat Hy die hemele en die aarde geskape het, dit Hy, ons Verlosser was met Adam en Eva verkeer en gesels het en wat daarna deur al die eeue by die mensdom betrokke was om ons verlossing te bewerk. Dit is nie asof Hy, nadat Hy die mens geskape het, vir eeue lank afwesig was en toe ewe skielik weer in die Nuwe Testament op die toneel verskyn het nie. Hy het ons van die begin af liefgehad en aangehou om ons vir ses duisend jaar ononderbroke lief te hê. Toe het Hy mens geword en sigbaar, hoorbaar, tasbaar tussen ons kom woon. Toe het Hy vir ons gesterwe, opgestaan, opgevaar en langs sy Vader gaan sit om vir ons in te tree en Hy sal aanhou om ons lief te hê en om dit te geniet om met ons gemeenskap te hou as sy mense, bruid, kinders, broers en susters tot in alle ewigheid.
C. HY IS DIE GELIEFDE VAN DIE VADER
En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. (Mat 3:17).
Terwyl hy nog spreek, oordek ‘n helderligte wolk hulle meteens en daar sê ‘n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. Luister na Hom! (Mat 17:5).
D. HY IS …
-
-
- Die Leeu uit die stam van Juda (Open 5:5).
- Die Wortel van Dawid (Open 5:5).
- Die blinkende Môrester (Open 22:16).
- Die Lam wat geslag was (Open 5:5).
- Die Lam wat die sonde van die wêreld wegneem (Joh 1:29).
- Die Ruiter op die wit perd (Open 19:11).
- Die Here ons geregtigheid (Jer 23:6).
-
E. SY NAAM “JESUS” BETEKEN VERLOSSER
… en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. (Mat 1:21).
F. DIE “EK IS” VERWYSINGS NA HOM
-
-
- Ek is die Brood van die Lewe (Joh 6:35).
- Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe (Joh 14:6).
- Ek is die Ware Wynstok (Joh 15:1).
- Ek is die Goeie Herder (Joh 10:11).
- Ek is die Lig van die Wêreld (Joh 8:12).
- Ek is die Deur van die Skaapstal (Joh 10:7).
- Ek is die Seun van God (Joh 10:36).
- Ek is die Opstanding en die Lewe (Joh 11:25).
- Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde (Openb 1:8).
- Voordat Abraham was, is Ek (Joh 8:58).
-
(U sal goed doen deur ‘n paragraaf van ongeveer 100 woorde oor elk van die bogemelde onderwerpe te skryf. Sodoende sal u aan die Heilige Gees die geleentheid bied om die diepte van Wie Jesus vir ons is, aan u te openbaar.)
G. HY IS ONVERANDERLIK
Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. (Heb 13:8).
H. HY IS AAN DIE VADER ONDERWORPE
Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so. (Joh 5:19).
Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: Ek gaan na my Vader, omdat my Vader groter is as Ek. (Joh 14:28).
En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees. (1Kor 15:28).
I. SY HOOF FUNKSIES TERWYL HY OP AARDE WAS
Hy het twee dinge om ons ontwil gedoen:
-
-
- Hy het die Wet van God namens ons volbring deur sy volkome heilige lewe.
-
Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees,
Rom 8:4 sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. (Rom 8:3,4) .
-
-
- Hy het die straf vir ons sonde in sy eie liggaam aan die kruis gedra sodat ons rein en heilig verklaar mag word, asof ons nooit gesondig het nie.
-
… wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, … (1Pe 2:24).
Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here. (Rom 6:23).
Op hierdie wyse het hy vir ons die deur geopen om met God versoen te word en om die ewige lewe as ‘n gawe te kan ontvang.
J. WAT DOEN HY NOU VIR ONS IN DIE HEMEL?
-
-
- Hy tree vir ons in terwyl hy aan die regterhand van die Vader sit.
-
Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree. (Rom 8:34).
-
-
- Hy is besig om ‘n ewige woonplek vir ons voor te berei.
-
En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. (Joh 14:3).
-
- Hy bestuur die verloop van sake in die hemel en op aarde.
Hy bestuur die hele proses wat sal uitloop op sy tweede koms, sy koms vir sy bruid, en wat daarop sal volg tot en met die skepping van ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde. (Sien die Boek van Openbaring).
J. WAAROM SO MIN OMTRENT HOM IN HIERDIE STUDIEGIDS?
Ons sê niks meer omtrent sy lewe, wonderwerke, lyding, dood en opstanding in hierdie reeks nie, omdat dit in besonderhede in ander studiegidse op hierdie webwerf wat oor die Evangelies handel, gedek word.
……….