Heilige Gees: die mens se Helper

DIE WOLKE BRING REEN; DIE GEES BRING SEEN

A. WAT HY VIR DIE ONGELOWIGE DOEN

      • Hy getuig teenoor hom van Jesus.

Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig. (Joh 15:26). 

      • Hy openbaar aan hom dat Jesus, God is.

Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees. (1Co 12:3).  

      • Hy oortuig die wêreld van ongelowiges van sonde geregtigheid en oordeel.

en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: (Joh 16:8).  

      • Hy bewerk die wedergeboorte in die ongelowige.

Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. (Joh 3:3).  

Sonder die hulp van die Heilige Gees is dit vir die mens absoluut onmoontlik om redding en versoening met God te vind; dit is die Gees wat aan hom sy sondigheid openbaar, maar ook alles wat Jesus vir hom wil wees.

B. WAT HY VIR DIE GELOWIGE DOEN

      • Hy getuig teenoor hom dat hy ‘n kind van God is.

Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; (Rom 8:16) 

      • Hy verseël hom sodat hy nie verlore sal gaan nie.

En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing. (Eph 4:30).  

Wanneer ‘n magtige koning sy seël op ‘n koevert plaas, sal niemand dit waag om daarmee te peuter in ‘n poging om by die inhoud uit te kom nie. Die Heilige Gees se verseëling van ons bestaan daarin dat Hy, die Almagtige God, wag staan sodat niemand en niks van buite af vir ons kan beroof van die gawe van die ewige lewe wat binne-in ons is en wat ons van hom ontvang het op die dag toe ons gered is nie.

      • Hy bewerk die vrug van heiligheid in ons (Die Christus gelykvormige karakter)

Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. (Gal 5:22). 

Die mens hoof homself maar net te onderwerp, net oor te gee aan die werking van die Gees om te sien hoe sy lewe verander word. Dit is soos ‘n plant wat groei en vrug dra volgens sy DNA, volgens die beginsels van groei en vrug dra wat God in hom geplaas het.

      • Hy bemagtig die gelowige om vir Jesus te getuig.

maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. (Hand 1:8). 

      • Hy deel bonatuurlike Geestelike gawes uit aan gelowige.

Dit doen Hy om hulle toe te rus om van die nasies dissipels vir Jesus te maak.

Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. (1Kor 12:7). 

Dan volg ‘n lys van al die gawes wat die Gees uitdeel.

C. OPSOMMEND

Hy is gestuur om by ons te wees, om ons kant te vat en by ons te staan in elke situasie wat mag opduik. Hy is so ‘n liefdevolle Persoon, met soveel begrip vir ons swakhede. Hy is gedurigdeur daar vir ons. Weens sy liefde vir die Vader en die Seun, dien Hy die Bruid van Christus met algehele oorgawe. Hy lees en reageer op elke gedagte wat sy mag dink. Hy pleit by haar om toegelaat te word om elke vlek en plooi van haar geestelike gelaat te verwyder en wanneer sy hardkoppig weier, bid Hy tot die Vader vir haar met onuitspreekbare sugtinge. Hy huil vir haar voor die Vader. Hy het die vermoë om elke persoon te bedien asof hy of sy die enigste Bruid van Christus op die hele wye wêreld is. Halleluja.

Bruid van Christus, kind van God, jy is baie, baie spesiaal. Gee oor aan die Heilige Gees en laat hy jou hernuwe en verander om die mooiste Bruid denkbaar te wees. Ja laat hy jou verander na die ewebeeld van Christus, die Bruidegom.


……….

VIR AFLAAI (“DOWNLOAD”) IN PDF FORMAAT, KLIK → HEILIGE GEES HELPER . Klik dan op die aflaai pyltjie regs bo-aan die bladsy ⇓ . Indien u webleser (“browser”) nie oor ‘n PDF fasiliteit beskik nie, kan u dit deur middel van ‘n toep (“app”) op u selfoon of ander instrument aflaai.

Ons verwelkom ook u KOMMENTAAR EN VRAE. Gebruik asseblief die kontakvorm hieronder daarvoor.



    SwakRedelikGoedBaie goedTreffend


    captcha