A. JESUS SE KRONING IN DIE HEMELE
Hierdie lering gaan oor die belangrikheid daarvan dat ons besef wat Jesus se huidige posisie in die Godsryk is en dat ons Hom daarvoor eer en hier op aarde voluit gaan om Hom as die hoog verheerlikte Prins Wie Hy is, aan die mensdom voor te hou.
Sy kroning of troonbestyging het begin met Sy hemelvaart:
Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem. (Hand 1:8,9)
Dit was voorwaar ‘n asemrowende gebeurtenis maar het die groepie dis-sipels taamlik bedroef en verwese agtergelaat. Hulle het ‘n dierbare boe-sem-Vriend en magtige Leier verloor.
Stephanus se latere belewenis van Jesus, was iets heel anders; dit was ont-sagwekkend. Terwyl die woedende skare Joodse leiers besig was om hom te stenig omdat hy Jesus as God en Verlosser aan hulle verkondig het, het die Here die dun gordyn wat ons van die hemelse wêreld skei oopgetrek, sodat hy kon inkyk op die Troon van die Almagtige. Wat hy daar gesien het, het hom so aangegryp dat hy die klippe wat op hom gereën, nie meer gevoel het nie. In ekstase het hy luid uitgeroep:
Ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan. (Hand 7:56).
Hierdeur het hy ‘n uiters belangrike openbaring ook aan ons deurgegee, naamlik dat Jesus nie net opgevaar het in die hemel nie, maar dat die Vader Hom ‘n ereplek aan Sy regterhand aangewys het. Dit sou andere later bevestig.
Dit is hierdie troonbestyging van Jesus wat ons jaarliks op Hemelvaartdag vier, waaroor ek wil praat. Die eerste punt wat ek wil maak, is dat dit iro-nies is dat die mensdom baie meer van Jesus se menswording, van Sy ge-boorte in ‘n krip in Betlehem maak, as van Sy troonbestyging, terwyl laas-genoemde tog soveel meer betekenis inhou. Hy het mos mens geword sódat hy die duiwel en die dood kon oorwin, sódat Hy die skepping en die mens uit die greep van die bose kon ruk en weer Sy eie kon maak. Sy geboorte was bloot die vertrekpunt; sy troonbestyging was die eerste fase in die bereiking van Sy doelwit. Hy moes Sy Koningskap kom herwin en het dit gedoen.
Wanneer ‘n rugbyspan op die veld draf, word hy voorwaardelik toegejuig, maar wanneer die kaptein na afloop van die bloed-sweet wedstryd, die beker op die podium omhoog hou met sy spanlede rondom hom, dan is dit dat die paviljoene dreun deur die toejuiging uit duisende kele.
Jammer dat ons nie by kon wees toe die Seun van God die trofee wat Hy verwerf het, langs die Troon van die Vader omhoog gehou het vir almal om te sien nie! Dit was nie ‘n dooie beker met ‘n inskripsie op nie, maar die le-wens van miloene der miljoene mense wat Hy uit die ewige dood terugge-koop en oorgebring het in die Vader se Koninkryk van lig. Die lofprysing en gejuig van die engele en heiliges het seker golf op golf deur die Troonsaal weerklink. Keer op keer het die hemellinge neergeval en Hom wat die Ko-ningskap aanvaar het, aanbid.
B. JESUS SE KRONING HIER OP AARDE
Maar dit was maar net die begin van ‘n proses wat nou nog voortduur en eers ná die Wit Troon Oordeel volbring sal wees.
Die rede waarom ek dit sê, is omdat ‘n koning se koningskap nie afgehandel is wanneer hy deur die uittredende koning of ‘n verteenwoordigende raad as koning aangestel en gekroon is nie. Nee, dit is eers wanneer die oorgrote meerderheid van die landsburgers hom entoesiasties aanvaar, dat hy die land daadwerklik kan regeer en vir die burgers tot seën kan wees.
Dit het ons ook sien uitspeel in God se fisiese koninkryk, Israel. Dawid was ‘n magtige krygsman en het die grondgebied vir Israel uit die mag van die heidendom verower. Hy is ‘n spieëlbeeld van Jesus in Sy aardse bediening toe Hy die duiwel aan die kruis oorwin het. Dawid se seun, Salomo het daarna daardie koninkryk sonder ‘n enkele skermutseling ontvang. Hy beeld Jesus uit in Sy verheerlikte staat.
Maar let nou wel; Salomo het inderwaarheid net die titel tot die Koninkryk van sy vader, Dawid, ontvang. Die ondersteunining van die landsburgers moes nog verkry word. Eers wanneer dit verkry was, sou hy in volle mag kon regeer.
Drie manne is aangestel om hierdie proses van steun-werwing vir hom aan die gang te sit. Hulle was Sadok, die priester, Natan, die profeet en Benaja, die seun van Jojada. Op hulle beurt het hulle twee groepe manne, die Kreti en Pleti met hulle saamgeneem en Salomo by Gihon, waar groot menigtes bymekaar gekom het, as Koning uitgeroep. Vandaar het hulle, omring en gevolg deur die reuse skare, hom na die paleis begelei (1 Kon 1:28-40).
Toe gaan die hele volk op agter hom aan, terwyl die volk op fluite speel en hul-le verheug met groot blydskap, sodat die aarde geskeur het van hulle geluid.
Die belangrike punt wat ons wil herhaal, is dat koning Dawid se dekreet dat Salomo hom as koning sou opvolg, nie die einde van die saak was nie. Sy de-kreet moes opgevolg word deur die vereniging van die massas agter Salo-mo. Hoe raak dit ons?
Die beginsel en les is baie duidelik. Jesus se verhoging in die hemele is net die eerste stap in Sy verhoging, die dekreet deur Sy Vader. Nou moet Hy nog deur die mensdom op aarde ook as Koning aanvaar en gekroon word. (Onthou: dit was Sy doel met die skepping, naamlik om vir Homself, ‘n volk, ‘n bruid te verkry wat Hom van harte sou aanvaar, vertrou en liefhê.)
Hierin moet u en ek wat reeds deur wedergeboorte burgers van Sy Ko-ninkryk geword het, die rol van Natan, Sadok en Benaja en die ander ge-troue volgelinge speel deur die res van die wêreldbevolking te werf en te motifeer om Jesus as Redder en Koning te aanvaar. Hóm moet hulle as Koning aanvaar soos wat ons reeds gedoen het, sodat ons almal saam, eendag in die hemele, Hom as ewige en enige Koning finaal kan kroon.
Dink daaraan dat elke keer wat iemand tot bekering kom, Jesus in nog ‘n hart as Koning gekroon word.
Daarom dan het Hy kort voor Sy hemelvaart Sy volgelinge bymekaar laat kom om hierdie allerbelangrike opdrag aan hulle oor te dra. Ons lees daarvan in Matt 28:18,19:
En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die na-sies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Jesus is nou in die hemel, maar ons is tussen die menigtes by Gihon. Hy het Sy deel van die taak nagekom deur die mag van die duiwel, dood en sonde te verbreek en die Koningskap te verwerf, maar die res van die werk is in ons hande en wat ‘n geweldige verantwoordelikheid is dit nie.
In ‘n s’n is die voleindiging van Sy kroning afhanklik van ons evangelisering van die nasies:
En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom. (Mat 24:14)
As ek Hom dan, soos Stefanus, sien staan aan die regterhand van die Vader, sal ek andere hier om my aan die skouer gryp en sê: “Haai, ou maat, kyk op, kyk, daar is ‘n nuwe Koning aan die regterhand van God: Jesus is Sy Naam. Kom jong, kom loop saam met ons. Ons is die skare wat Hom volg. Juig saam met ons. Aanvaar Hom as jou Verlosser en Koning en roep dit uit so hard as wat jy kan. Laat die aarde skeur van ons gejuig. Laat ons lofprysing en aanbidding soos ‘n hemelse vuur deur die menigtes van die aarde golf. Laat die Adonia’s en hul makkers verskrik uitmekaar spat (1 Kon 1:49).
En as ons soms bespot en verag en ons boodskap verwerp word, hou in ge-dagte dat dit so voorspel is in God’s Woord:
2Ti 4:5 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die le-wende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: 2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lank-moedigheid en lering; 3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. 5 Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bedie-ning.
C. DIE MILLENIUM, ‘N VOLGENDE FASE IN SY KRONING
Hou ook in gedagte dat gedurende die Millenium, die duisend jaar van vrede waartydens Jesus op aarde sal regeer, ontelbare miljoene Hom as Verlosser en Koning sal aanvaar sodat die totale aantal gereddenes aan die voleinding van die wêreld, die hoeveelheid wat verlore gaan, waarskynlik astronomies sal oorskadu.
D. ONS IS TOEGERUS VIR DIE TAAK
Ons as kinders van God is ongetwyfeld aan die wenkant. JESUS IS DIE OORWINNAAR en Hy woon deur sy Gees binne-in jou hart – dit maak van jou ook ‘n oorwinnaar.
Laat ons dan nie vir ‘n oomblik terugdeins of laat slap lê nie. Hy het Sy Gees op aarde uitgestort om ons toe te rus om die harte van die menigtes vir Hom te wen (Hand1:8). Laat ons dit geniet om hierdie heerlike werk te doen. Laat ons voor stap vanuit “Gihon” en die menigtes na die Troonkamer van God lei. Hy die Lam van God, die Hemelse Prins, die Oorwinnaar oor die dood, die hel en die duiwel wag ons met ope arms daar in. Halleluja!
……….