Mark 1:12-13, Jesus se versoeking

En die satan wys vir Hom al die koninkryke van die wêreld en sê vir Hom: “Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.”

Nadat die Heilige Gees op Jesus gekom het, is Hy in die woestyn uitgelei om deur die duiwel versoek te word. Vir meer as 4000 jaar het die duiwel toe al ‘n skrikbewind op aarde gevoer omdat geen enkele mens ooit sy versoekinge kon weerstaan nie. Toe het die Tweede Adam op die toneel verskyn. Voordat Hy die mensdom kon verlos uit satan se mag, moes Hy sy aartsvyand eers suksesvol weerstaan. Dit was die grootste oorlog wat ooit gevoer was, maar Jesus het oorwin en in triomf uitgestap om sy bediening te volbring en die mag van satan finaal te verbreek. 

Klik op die pyltjie hieronder om na ‘n klankopname van die studiegids te luister.

Ons verwelkom ook u KOMMENTAAR EN VRAE. Gebruik asseblief die kontakvorm hieronder daarvoor.



    SwakRedelikGoedBaie goedTreffend


    captcha