
Markus laat my dink aan ‘n haastige atleet wat blitsig oor die een hekkie na die ander gly om die wenpaal so gou as moontlik te bereik want dit brand soos ‘n vuur in sy binneste om hierdie uiters belangrike verhaal, as dit moontlik is, sommer voor sononder op skrif gestel te kry sodat daar tog nie iets belangriks van dit wat Jesus gedoen en gesê het, verlore sal gaan nie. Meer nog, die boodskap moet uit sodat die mense van Rome dit te hore kan kom en gered kan word.
Het u die Boek al betudeer? Kan u my sê watter enkele woord herhaaldelik in die Markus Evangelie voorkom en nie so in die ander drie nie?
Luister gerus na hierdie inleiding tot die Markus Evangelie voordat u verder gaan met die bestudering van die res van die Boek.
♦
KOMMENTAAR: U insette is vir ons waardevol. Om kommentaar te lewer, gaan asb. heel onder aan die blad na “Leave a Reply,” klik op “login”, registreer en lewer jou kommentaar.
NAVRAE OF VERSOEKE: Indien jy meer inligting wil bekom of ‘n versoek wil rig, klik asb hier en gebruik dan die raam wat daarvoor voorsien word.
DEEL MET ANDERE: As jy die studiegids geniet het, deel dit asb. met jou vriende en kennisse deur middel van die sosiale media soos Facebook, ens. So vat ons hande om die Goeie Nuus uit te dra.
KOPIEËRING: Hierdie studiegids mag gratis vir persoonlike gebruik afge-laai en gedruk word.
R196G105B55