Oorsig oor die vier Evangelies

DOKUMENTE KAN GRATIS VIR PERSOONLIKE GEBRUIK AFGELAAI WORD

A. WAAROM VIER EVANGELIES?

Hierdie vraag word dikwels gevra. Talle Bybelstudente het probeer om gedeeltes uit elke Evangelie te selekteer en ‘n chronologiese geheel van Jesus se lewe en werk vanaf sy verwekking, tot sy hemelvaart, daaruit saam te stel, maar het daarin gefaal.

Die rede daarvoor is dat God die vier Evangelies aan vier verskillende groepe mense geadresseer en die inhoud so aangebied het, dat die Here Jesus op vier verskillende wyses uitgebeeld is.  (Net terloops: dit is interessant dat die vier Evangelies die Seun van God op ‘n soortgelyke wyse uitbeeld as Esegiël in die visie wat hy gehad het (Eseg 1:10)).

Kom ons kyk nou hoe dit gedoen is:

EVAN-GELIE JESUS UITGE-
BEELD AS
1. GROEP AAN WIE JESUS VOORGEHOU IS
2. UNIEKE INHOUD
ESEG BEELD
MATTHÉÜS Messias-Koning Jode. 1.1 Sluit aan by Ou Testament wat aan die Jood bekend is.1.2 Spoor Jesus se voorvaderlike linie terug deur die Joodse geslags-register van Abraham en Dawid.2.1 Sestig verwysings na Joodse profesië.2.2 Veertig aanhalings uit die Ou Testament. Leeu
MARKUS Jehova se Dienskneg

1.1 Romeine/Heidene (Ongelowiges).

1.2 Evangelie van aksie.

1.3 Geen geslagsregisters.

2.1 Baie min van Jesus se woorde.

2.2 Jesus uitgebeeld as die onvermoeide, kragtige dienskneg van God en mens

2.3 Gebruik soms Romeinse taal, Latyn.

2.4 Die woord “Dadelik” dui die vinnige pas van die Boek aan.

Os
LUKAS Seun van die Mens

1.1 Grieke/Heidene (Ongelowiges).

1.2 Geslagsregister reik terug tot by Adam; d.i. die linie van die mensdom.

2.1 Toon die universele genade van God.

2.2 Toon Christus se simpatie vir die armes, uitgeworpenes en geringes.

2.3 Slaan die vrou baie hoog aan.

Mens
JOHANNES Seun van God

1.1 Kerk. Fokus op Jesus se hemelse “oorsprong”.“In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

1.2 Om ‘n arend te sien moet jy opkyk hemeltoe. Die arend is bo alles.

2. Dit is geskrywe toe die Kerk geweldig vervolg was en die geloof versterk moes word.

Arend

 

B. DIE EERSTE DRIE EVANGELIES word die “Sinoptiese” (algemeen, omvattende) Evangelies genoem.

D. ONS STRATEGIE IN DIE STUDIE VAN DIE EVANGELIES

  1. Ons sal die Evangelie van Lukas as basis gebruik want dit dek ‘n wyer veld, dws. dit verhaal meer van Jesus se woorde en dade as enige van die ander drie Evangelies.
  2. Aandag sal ook gegee word aan sekere gedeeltes uit die ander drie Evangelies.
  3. Ons doel is om jou die geleentheid te bied om ‘n aansienlike hoeveelheid uit die Evangelies te wete te kom, te verstaan en in jou lewe toe te pas.

……….

VIR AFLAAI (“DOWNLOAD”) IN PDF FORMAAT, KLIK → EVANGELIES OORSIG . Klik dan op die aflaai pyltjie regs bo-aan die bladsy ⇓ . Indien u webleser (“browser”) nie oor ‘n PDF fasiliteit beskik nie, kan u dit deur middel van ‘n toep (“app”) op u selfoon of ander instrument aflaai.

Ons verwelkom ook u KOMMENTAAR EN VRAE. Gebruik asseblief die kontakvorm hieronder daarvoor.



    SwakRedelikGoedBaie goedTreffend


    captcha