
A. BETEKENIS VAN DIE WOORD “VAS”
Wat beteken die woord vas? Taalkenners sê die letterlik betekenis van die woord is “om die mond te bedek.” Dit hou dus primêr verband met die inname van voedsel, maar, soos wat ons later sal aantoon, is die gebruik ook op ‘n wyer veld van toepassing.
B. VAS IN DIE OU TESTAMENT
- Ons vind nie in die eerste Bybel boeke enige aanduiding dat mense gevas het nie. So, bv, lees ons nie dat aartsvaders soos Adam, Metusulag en Noag gevas het nie, ook nie die stamvaders van Israel soos Abraham, Isak en Jakob nie.
- In die wette wat God vir Moses gegee het, is daar ook geen bepaling dat sy volk, Israel moes vas nie.
- Dit wil eerder voorkom of die behoefte om te vas spontaan in die hart van die mens of, sal ek eerder sê, van die God soekende mens, ontstaan het (seker maar gewerk deur die Heilige Gees) en mettertyd deur God erken en verdere beslag daaraan gegee is.
- So is daar dan ook verskeie verwysings na heidene wat gevas het:
-
-
-
-
- Koning Darius het gevas nadat hy vir Daniël teen wil en dank in die leeukuil moes gooi.
-
-
-
Toe het die koning na sy paleis gegaan en met vas die nag deurgebring en die byvroue nie voor hom laat kom nie, en sy slaap het van hom weggevlug. (Dan 6:19).
-
-
-
-
- Die koning van Nineve het ‘n vasdag uitgeroep toe hy gehoor het dat God sy stad sou oordeel.
-
-
-
En hy het in Ninevé laat uitroep en sê: Op las van die koning en sy groot manne—geen mens of dier, beeste of kleinvee mag aan iets proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie; (Jona 3:7).
-
-
-
-
- Die matrose van die skip waarop Paulus as gevangene vervoer is het gevas toe hulle deur ‘n storm oorval is.
-
-
-
En teen die tyd dat dit dag sou word, het Paulus almal aangemoedig om voedsel te gebruik en gesê: Dit is vandag die veertiende dag dat julle in afwagting bly vas sonder om iets te gebruik. (Hand 27:33).
- In die latere lewe van Israel, vind ons wel verwysings na persone wat gevas het en van vasdae wat hulle, of eenmalig, of herhalend gehou het.
-
-
-
-
- Dawid, koning en Psalmdigter, moes, nieteenstaande sy besige beroepslewe, soms lang aaneenlopende tye aan vas gewy het:
-
-
-
My knieë knik van vas, en my vlees het maer geword, sonder vet. (Psa 109:24).
-
-
-
-
- Koning Josafat, toe hy bedreig was deur ‘n aanval van die Moabite en ander volkere, het ‘n vasdag uitgeroep.
-
-
-
… het Jósafat bevrees geword en sy aangesig daarop gerig om die HERE te soek, en hy het oor die hele Juda ‘n vasdag uitgeroep. (2 Kron 20:3).
-
-
-
-
- Die Israelite toe hulle in ballingskap totale uitwissing deur die Meders en Perse in die gesig gestaar het en Ester by die koning vir hulle moes gaan intree, het sy hulle en vir Mordegai versoek om, om haar ontwil te vas.
-
-
-
Gaan heen, versamel al die Jode wat in Susan te vinde is, en vas julle om my ontwil; en julle moet nie eet en drink nie, drie dae lank, nag en dag; ek ook met my dienaresse sal net so vas; en so sal ek na die koning ingaan, wat nie volgens wet is nie, en as ek omkom, dan kom ek om. (Est 4:16).
En in al die provinsies waar die bevel van die koning en sy wet ook al aankom, was daar groot rou onder die Jode met vas en geween en rouklag; baie het sak en as onder hulle uitgesprei. (Est 4:3).
Dit wil selfs voorkom of God later van tyd die vasdae wat sy volk spontaan ingestel het, erken en gereël het.
So sê die HERE van die leërskare: Die vasdag in die vierde en die vasdag in die vyfde en die vasdag in die sewende en die vasdag in die tiende maand moet vir die huis van Juda ‘n vreugde en blydskap wees en vrolike feestye, maar julle moet die waarheid en die vrede liefhê. (Sag 8:19).
C. VAS IN DIE NUWE TESTAMENT.
- Jesus het sy openbare bediening begin deur homself vir 40 dae lank in ‘n woestyngebied af te sonder en te vas.
Sy eerste taak op aarde was om die duiwel se versoekings suksesvol te weerstaan. Hierdeur sou Hy die heel eerste mens word wat dit kon regkry en sou Hy ‘n tweede Adam word wat ‘n nageslag van oorwinnaars oor die duiwel sou verwek. ‘n Geweldige geveg het vir hom voorgelê waarvoor Hy, na sy mensheid, (as mens) bonatuurlike krag nodig sou hê. Hy het vir daardie lang periode gevas en absoluut op God gefokus, gekonsentreer.
Dit gee vir ons een van die redes om te vas – om in ons gees een te word met God. Ons moet God se siening oor die lewe bekom. Ons moet ook sy krag bekom om daardie siening uit te lewe. Jesus het die prys daarvoor vir ons aan die kruis betaal, maar ons moet onsself as ‘n offer aan hom oorgee sodat dit in ons verwerklik kan word.
Terwyl Hy vas het sy menslike gees die krag van die Vader geabsorbeer. Sy menslike insig in die denke van God is ook verskerp sodat Hy sou weet hoe om die duiwel te antwoord, nie met sy eie menslike woorde nie maar met woorde uit die mond van God soos opgeteken in die Skrif. Hy het, deur te vas, as mens op ‘n besondere wyse een geword met God. Die feit dat Hy as mens met die Heilige Gees vervul was, was nie genoeg nie, dit was net die begin van sy eenwording met God. Die Heilige Gees sou daardie werk in hom doen, maar dit sou ‘n prys kos, ‘n opoffering van homself. Vir 40 dae en nagte sou Hy homself moes afsonder, ja, selfs nie kos eet nie en Hy het dit gedoen. Hy het ook nie eers kontak met mense gehad en met hulle gesels nie (Matt 4:1,2).
- Die gemeente van Antiochië het gevas en daartydens ‘n besondere openbaring van God ontvang wat gelei het tot die planmatige verbreiding van die Evangelie onder die heidense volke van Europa:
En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het. En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan. (Hand 13:2,3).
- In AD 55, dws ongeveer 20 jaar na Jesus se hemelvaart was dit nog gebruiklik vir NT gelowiges om te vas en word hierdie gebruik deur Paulus erken en bestuur:
Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie. (1Kor 7:5).
- Dit is dus duidelik, beide uit die Ou- en Nuwe Testamente, dat die gebruik om te vas Bybels gefundeerd is en ‘n baie nuttige doel in die Kind van God se lewe sal dien as hy erns daarmee sou maak. Laat ons dan nou probeer om ‘n aantal riglyne hiervoor saam te stel.
C. RIGLYNE OM TE VAS.
- Draai jou rug doelbewus op die materiële, fisiese kant van die lewe en fokus al jou aandag op die geestelik kant daarvan – jou gees kry voorkeur bo jou liggaam.
-
-
-
-
- As jou werkgewer ‘n baie belangrike saak met jou wil bespreek, roep hy jou in sy kantoor in en gee sy sekretaresse opdrag om hom nie deur besoekers of oproepe te steur nie. Julle neem plaas by sy lessenaar en vir die volgende 10 of 15 minute sny jy jou gedagtes af van jou gesin, vriende, verpligtinge, plesiere of wat ook al en gee jou volle aandag aan hom hier voor jou en dit wat hy aan jou wil oordra.
- Om te vas kan ook vergelyk word met ‘n huwelikspaar, ‘n man en vrou wat mekaar liefhet en soms die slaapkamer se deur agter hulle toesluit om mekaar vir ‘n uur of meer te geniet. Gedurende hierdie tydjie van innige vereniging, word alle ander dinge vergeet – jy kan nie terselfdertyd TV ook kyk nie.
- Hoe meer ons, ons kan afsonder waar wêreldse steuringe nie kan deurdring nie, hoe vrugbaarder sal ons omgang met God wees. Dit sal baie beter wees om jouself vir ‘n korter steuringsvrye periode af te sonder, as om dit vir ‘n langer periode te doen, maar te midde van ander verpligtinge wat jou aandag verg en jou gedagtes elke nou en dan in beslag neem.
-
-
-
- Moet nie jou normale verpligtinge afskeep nie.
-
-
-
- Jesus het die 40 dae gevas voórdat Hy met sy bediening teenoor die mensdom begin het. ‘n Getroude vrou met 6 kinders kan haarself immers nie vir drie dae lank in ‘n kamer toesluit om te vas en te bid nie. Wanneer sy daar uitkom sal die huis in chaos wees, die kleiner kinders vuil, honger en in trane, die opwasbak vol skottelgoed en haar man so iesegrimig soos ‘n honger leeu. Al die seën wat sy ontvang het, sal skielik verdamp en selfs die pastoor sal haar dit kwalik neem. Die verstandige weg sou wees om die tydjie met God vooraf te bespreek en te beplan. Miskien kon sy iemand gevind het om vir haar in te staan tydens haar afwesigheid.
-
-
- Spandeer die grootste deel van jou tyd aan die bestudering en bepeinsing van God’s Woord. Daar is ‘n hegte band tussen Jesus en die Woord; Hy is immers die Woord wat later in vleeslike gedaante geopenbaar is. Wanneer jy die Woord bestudeer en daaroor peins, beoefen jy gemeenskap met Jesus.
- Wees doelgerig (stel vir jou ‘n doelwit).
-
- Moet nie soos die Fariseërs die gewoonte aankweek om bv tweemaal per week te vas nie. Dit sal mettertyd ‘n blote roetine word en jy sal jy nie meer verwag dat iets positiefs daaruit sal voortvloei nie. Dit moet vir jou altyd ‘n heilige gebeurtenis wees, anders sal jou wêreldse aktiwiteite dit besoedel en sal God daaraan aanstoot neem eerder as om jou in guns aan te neem: Waarom vas ons, en U sien dit nie? Waarom kwel ons ons siel, en U weet dit nie? —Kyk, op die dag as julle vas, soek julle geleentheid om sake te doen, en julle jaag al jul arbeiders aan. (Jes 58:3).
-
- Kom ons kyk na ‘n paar redes om te vas:
-
-
-
- Eerstens om die sondige menslike natuur, die eie ek, se mag te breek:
-
-
Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie. (1Kor 9:27).
Hoe sou Paulus sy liggaam gekasty het: sekerlik nie soos die heidene wat dit kerf tot die bloed uitspuit of vishoeke in die vel haak en hul afgode daarmee rondsleep nie. Nee dit is die geestelike doding van die self. Dit neem tyd en ‘n stukkie vir stukkie oorgawe van jouself. Om te vas kan daartoe meehelp.
Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, (Kol 3:5).
-
-
-
- Tweedens om die krag, wysheid en ander hoedanighede van God in jou gees te absorbeer. Jesus het dit aan die kruis vir jou verwerf, maar jou gees moet in God se teenwoordigheid vermurwe om dit te kan absorbeer.
- Om ‘n dreigende ramp die hoof te bied.
-
-
En nadat hulle lank sonder ete was, het Paulus in hul midde opgestaan en gesê: Manne, julle moes na my geluister en nie van Kreta afgevaar het nie en julle so hierdie ramp en skade bespaar het. (Hand 27:21).
-
-
-
- Om God se geopenbaarde plan in werking te stel. Daniël het gevas en gebid toe hy in die Skrif bemerk dat die tyd vir Israel aangebreek het om uit ballingskap na hul land terug te keer.
-
-
En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy. (Dan 9:3).
-
-
-
- Om God te verheerlik (Sag 8:19).
-
-
E. NOG GEDAGTES OOR VAS.
- Die duiwel weet wanneer jy vas en sal baie moontlik ‘n aanval op jou loods; as jy vas is jy nie in so ‘n heilige plek dat jy buite sy bereik is nie. Dink aan Jesus se versoeking in die woestyn (Matt 4:1-11).
- Vas is ‘n nederige pleidooi om verhoor te word en nie ‘n manier om druk op God te probeer plaas nie.
- Leer om te vas. Begin op ‘n beskeie wyse. Jy moet sien hoe jou liggaam daarop reageer en jou vas daarby aanpas. Begin met kort periodes – ‘n gesoute langafstandatleet het met kort entjies begin. Die omgang met God moet vir jou lekker bly; dit moet nie ‘n pyniging word nie.
- Moet nie spog met hoe lank jy al gevas het nie. Dit is ‘n saak tussen jou en God en jou beloning kom van Hom.
- Wees opgewek. Jy bring ‘n offergawe aan God en Hy het ‘n blymoedige gewer lief.
En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg. Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde. (Matt 6:16-18)
Wanneer ons onder groot druk en pyn verkeer, bv wanneer ons bid om die genesing of redding van ‘n geliefde, is dit dit verstaanbaar dat ons bedroef sal wees en dat die trane sal vloei (Dan 9:3; Neh 1:4).
God sê egter dat ons vas tye ook soms gevul moet wees met vrolikheid en lofprysing – dat ons ons kos en ander plesiere eenkant moet sit om Hóm vir ‘n tydlank meer te kan geniet.
Die vasdag in die vierde en die vasdag in die vyfde en die vasdag in die sewende en die vasdag in die tiende maand moet vir die huis van Juda ‘n vreugde en blydskap wees en vrolike feestye (Sag 8:19).
Dit is ‘n teken van geestelike volwassenheid wanneer ons die geestelike dinge net so veel of meer kan geniet as die fisiese, die materiële.
… en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. (Ps 37:4).
- Vas is ‘n manier om jouself aan God te offer.
Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. (Rom 12:1,2).
- Vas en gebed gaan saam (hulle is verwant aan mekaar.).
En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan. (Hand 13:3).
- Waarom Jesus se dissipels nie gevas het nie (Mark 2:18-22).
Die dissipels van Johannes die Doper en dié van die Fariseërs wou by Jesus weet waarom sy dissipels nie ook soos hulle gevas het nie.
Jesus se antwoord was dat dit tog gebruiklik was dat ‘n mens nie vas terwyl jy ‘n bruilofsfees bywoon nie. Die bruid en bruidegom sou aanstoot neem as die gaste nie hulle mond sit aan al die heerlike kos en drank wat vir hulle voorberei is nie. Hiermee het Jesus natuurlik bedoel dat Hy die Hemelse Bruidegom was en sy dissipels nie net gaste nie, maar sy bruid. Hulle sou dit egter nie verstaan nie.
Hulle het die diepere betekenis van vas naamlik om met God gemeenskap te hê, ook nie begryp nie. ‘n Mens vas immers om intiemer met Gód gemeenskap te hê en hierdie manne het dan reeds hul beroepe en huise prysgegee om dag vir dag in God se teenwoordigheid te kan wees – Jesus is tog God, die Seun. Dit sou vir Hom tot aanstoot gewees het as hulle hulself aan hom onttrek het om met die onsienlike Vader gemeenskap te hê. ‘n Mens kan jou tog nie aan die Seun onttrek om met die Vader gemeenskap te hê nie, of aan die Vader en Seun om met die Heilige Gees gemeenskap te hê nie. Hy is ‘n drie-enige God; as ons met Een van die Drie persone gemeenskap het, het ons tog ook met die Ander gelyktydig gemeenskap. Na Jesus se kruisiging en hemelvaart sou hulle weer vas.
Maar Jesus het hiermee saam ook verduidelik dat nuwe lappe op ‘n nuwe kleed gewerk moes word en nuwe wyn in nuwe sakke bewaar moes word. Beteken dit dat vas ‘n gebruik was wat aan die Ou Testamentiese bedeling behoort het en in onbruik sou verval?
Nee, want Hy het ook gesê dat hulle later, wanneer Hy nie meer daar sou wees nie, weer sou vas soos wat uit die Boek Handelinge en die Sendbriewe ook blyk wel gebeur het. Miskien moet ons dit so sien dat Jesus se koms ‘n totale nuwe bedeling of tydperk ingelui het wat veral na die uitstorting van die Heilige Gees in volheid van krag sou word. Waar die Heilige Gees se omgang met die OT gelowige beperk was, sou Hy nou op Pinksterdag in al sy volheid in die kind van God kom woon en kan ons deurentyd volle gemeenskap met God hê. Dit is voorwaar ‘n nuwe kleed en nuwe wyn en ons moet dit benut en geniet. Wanneer die NT gelowige vas, doen hy dit nie net om in die hemel gehoor te word nie, maar soek hy ook ‘n intiemer omgang met God die Heilige Gees wat binne-in hom woon.
……….