SPREUKE: Die Twee Vroue

A. WIE IS HULLE?

C. VAN WAAR HULLE NAME?

D. HULLE ROLLE IN DIE SAMELEWING

E. VROU WYSHEID

Haar karakter en optrede

Haar modus operandi is om mense na ‘n feesmaal te nooi

9:1  Die Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap, 9:2  haar slagvee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel gedek. 9:3  Sy het haar diensmeisies uitgestuur, sy nooi uit op die hange van die stadshoogtes: 9:4  Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sê sy: 9:5  Kom, eet julle van my brood, en drink van die wyn wat ek gemeng het; … (die Liggaam en Bloed van die Lam, Jesus Christus).

1:20  Die Wysheid roep hardop daarbuite, sy verhef haar stem op die pleine, 1:21  op die hoek van die rumoerige strate roep sy, by die ingange van die poorte, in die stad, spreek sy haar woorde: 

8:1  Roep die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie? 8:2  Op die top van die hoogtes langs die weg, op die kruispunt van die paaie staan sy, 8:3  aan die kant van die poorte by die uitgang van die stad, by die ingang van die deure roep sy hardop: 8:4  Ek roep na julle, manne, en my stem is tot die mensekinders. 

8:8  Al die woorde van my mond is reg, … , :9  hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat kennis gevind het

1:23  Wend julle tot my teregwysing, dan laat ek my gees vir julle uitstroom, wil ek my woorde aan julle bekend maak. 

1:24  Omdat ek geroep en julle geweier het, ek my hand uitgestrek

Haar oproep is dringend, waarskuwend

1:22  Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhê en die spotters lus hê om te spot en die dwase kennis haat? 

1:24  Omdat ek geroep en julle geweier het, ek my hand uitgestrek en niemand geluister het nie, 25  en julle al my raad nie opgevolg en van my teregwysing nie wou geweet het nie, 26  daarom sal ek ook lag by julle ondergang, ek sal spot as julle verskrikking kom; 27  as julle verskrikking kom soos ‘n onweer, en julle ondergang soos ‘n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval. 

1:28  Dan sal hulle na my roep, maar ek sal nie antwoord nie; hulle sal my soek, maar my nie vind nie. 29  Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die HERE nie verkies het nie, 30  van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het, 31 daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne. 
1:32  Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde; :33  maar die wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil. 

F. VROU DWAASHEID

Sy het ‘n teenoorgestelde siening van die lewe

Sy is losbandig

Sy is rusteloos en onrustig

Sy is listig, beweeg in die donker en identifiseer ‘n maklike prooi

En toe die duiwel elke versoeking geëindig het, het hy ‘n tyd lank van Hom gewyk. (Luk 4:13)

//////////



    SwakRedelikGoedBaie goedTreffend


    captcha