Hooglied 8 vers 8 tot 14

DIE BRUIDEGOM EN BRUID: 8:8  Ons het ‘n klein sustertjie wat nog nie borste het nie; wat moet ons met ons suster maak dié dag as sy gevra word? 9  As sy ‘n muur is, sal ons ‘n silwerrand daarop bou, en as sy ‘n deur is, sal ons dit met ‘n sederplank toeslaan. 

Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is. (1Kor 11:1).

Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in ‘n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal. (Ps 12:7).

Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. (Gal 3:23,24).

Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus, (2 Kor 10:3-5).

DIE BRUID: 8:10  Ek is ‘n muur, en my borste soos torings: toe het ek in sy oë geword soos een wat vrede vind. 

.. volwassenes, … wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, … . (Heb 5:14).

DIE BRUID: 8:11  Salomo het ‘n wingerd in Baäl-Hamon gehad; hy het die wingerd aan die oppassers oorgegee; elkeen moes vir sy vrugte duisend sikkels silwer inbring. 12  My wingerd, myne, is hier voor my, die duisend sikkels is vir u, Salomo, en twee honderd vir die wat sy vrugte bewaak. 

Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon; (Ps 24:1).


DIE BRUID: 8:13  U wat in die tuine woon vriende luister na u stem; laat my dit hoor. 

Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar. Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom. Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het. Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort. (Joh 17:6-9).

DIE BRUIDEGOM: 8:14  Vlug, my beminde, en maak soos die gemsbok of die jong takbok op die balsemberge.

~~~~~~~~~~



    SwakRedelikGoedBaie goedTreffend


    captcha