Hooglied 4 vers 6 tot vers 8

Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie. (Joh 9:4).

Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. (Fil 4:8).

Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. (Rom 8:33).

… maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; (Mat 6:20).

En net toe Daniël verneem dat die bevelskrif geskrywe was, het hy in sy huis gegaan; en hy het in sy bo-kamer vensters gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem, en hy het drie maal op ‘n dag op sy knieë geval en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy God, net soos hy tevore gedoen het. (Dan 6:11). 

… sou jy vir jou groot dinge soek? Soek dit nie; …  (Jer 45:5).

~~~~~~~~~~



    SwakRedelikGoedBaie goedTreffend


    captcha