Hoe hierdie studie jou sal help

BESTUDERING VAN DIE SKRIF VERRYK JOU GEES

Baie van ons het ‘n eie Bybel waaruit ons soms stukkies lees. Boonop gaan ons nou en dan kerk toe, of kyk na ‘n Tv program waarin oor dele van die Bybel gepraat word. Op dié manier weet ons na baie jare darem so ‘n bietjie van wat in die Bybel geskryf staan. Maar eintlik is dit ‘n dik boek wat uit 66 kleiner boekies bestaan en is daar min mense op aarde wat dit selfs net eenkeer deurgelees en deurdink het.

Die Bybel is ook die heel belangrikste boek wat ooit geskryf is, want die gedagtes en woorde van God is daarin opgeteken. Dit verduidelik vir ons hoe ons Hom kan leer ken en die Ewige Lewe kan kry sodat Hy ons na die dood in sy hemelwoning sal ontvang.

Die Bybelstudies wat nou hierop volg, gaan oor die heel belangrikste dele in die Bybel wat die Here wil hê dat ‘n mens moet weet. Dit begin by die verhaal van God wat alles gemaak het. Dan vertel dit van hoe die mens van die Here af weggedwaal het. Daarna volg alles wat die Hy gedoen het om die mens weer na Hom toe terug te bring. Die laaste gedeelte beskryf hoe ‘n mens wat sy of haar lewe aan die Here oorgegee het, moet lewe.

Dié verhaal staan natuurlik bekend as die Evangelie van Jesus Christus. Hierdie Bybelstudie sal jou help om die Evangelie beter te verstaan sodat jy dit kan geniet om elke dag saam met Jesus hemeltoe te stap.

//////////

VIR AFLAAI (“DOWNLOAD”) IN PDF FORMAAT, KLIK → 1 Hoe hierdie studie jou sal help . Klik dan op die aflaai pyltjie regs bo-aan die bladsy ⇓ . Indien u webleser (“browser”) nie oor ‘n PDF fasiliteit beskik nie, kan u dit deur middel van ‘n toep (“app”) op u selfoon of ander instrument aflaai.

Ons verwelkom ook u KOMMENTAAR EN VRAE. Gebruik asseblief die kontakvorm hieronder daarvoor.




    SwakRedelikGoedBaie goedTreffend