Na so ‘n besige dag sou ‘n mens verwag dat Jesus soos ‘n klip sou slaap en laat na sonop die volgende oggend eers sou opstaan. Maar nee, ons lees in vers 35 dat Hy vroeg in d môre, nog diep in die nag, al weer op was, stilletjies uit die huis uitgesluip en na ‘n eensame plek toe geloop het om te gaan bid.
Hoe laat was dit: miskien so teen drie-uur ons tyd? Die hele stad en al die mense wat Hy die dag genees het, asook die mense uit wie Hy die duiwels uitgedryf het, het nou heerlik rustig geslaap. Die kerse en lampe was doodgeblaas. Daar was nie straatligte nie; alles was donker en stil. Dit was dalk koelerig sodat Hy sy mantel stywer om hom moes vastrek.
Waarheen het Hy gegaan? Ek raai dat daar dalk ‘n voetpaadjie uit die stad uit was; miskien teen ‘n koppietjie uit; verweg, waar niemand hom sou opsoek nie.
Daar, in die eensaamheid, het Hy ‘n stukkie hemel op aarde belewe want daar, weg van die gewoel van die skares, kon Hy met sy hemelse Vader ontmoet, sy Vader wat self nooit sluimer of slaap nie. Daar kon Hy met Hom gesels soos wat hulle Twee altyd in die hemel gesels het voordat Jesus aarde toe gekom het. Daar kon Hy sy Vader vertel van al die stryd wat Hy deurgegaan het, en hoe die Jode se leiers hom met vrae gepeper en beskuldig het.
Klik op die pyltjie hieronder om na ‘n klankopname van hierdie studiegids te luister.
Mark 1:35-39, Jesus se stiltetyd en beplanning
♦
Ons verwelkom ook u KOMMENTAAR EN VRAE. Gebruik asseblief die kontakvorm hieronder daarvoor.