Mark 1:29-31, Petrus se skoonmoeder genees

EN DIE SKOONMOEDER VAN PETRUS HET SIEK GELÊ AAN DIE KOORS

Jesus het homself nie gespaar of sy eie gerief gesoek nie. Die hele oggend was Hy besig in die sinagoge. Eers het hy uit die Woord van God gepreek. Die episode met die duiwel wat Hy uitgedryf het, moes ook baie van sy kragte getap het.

So gaan Hy en sy dissipels toe ná die oggenddiens saam na Simon se huis, seker om ‘n stukkie te eet waarna almal natuurlik uitgesien het. Daar aangekom, vind hulle egter ‘n groot krises; Simon se skoonmoeder was naamlik ernstig siek en, soos Lukas, die geneesheer, dit in sy Evangelie aangeteken het, het sy ‘n hewige koors gehad. Gelukkig, of kan ons eerder sê, genadiglik, was Jesus tog byderhand en hulle neem hom dadelik na haar. Hy buig oor haar, raak haar aan en bestraf d koors. Dadelik is sy blakend gesond, so gesond dat sy onmiddelik opstaan en die groepie honger mans met kos bedien.

Klik op die pyltjie hieronder om na ‘n klankopname van die studiegids te luister.

Ons verwelkom ook u KOMMENTAAR EN VRAE. Gebruik asseblief die kontakvorm hieronder daarvoor.



    SwakRedelikGoedBaie goedTreffend


    captcha