Mark 1:16-20, Die eerste dissipels

KOM AGTER MY AAN EN EK SAL MAAK DAT JULLE VISSERS VAN MENSE WORD

Jesus het vooraf geweet dat Hy nog net 3 ½ jaar op aarde sou wees en daarna sou opvaar na d hemel vanwaar Hy gekom het. Wie sou dan aangaan met die verkondiging van d Evangelie? Wel die mens sou die werk wat Jesus begin het, moes voortsit. 

Daarom het Jesus sommer vroeg in sy bediening al begin om manne te roep om elke dag saam met hom te wees en te hoor en te onthou wat Hy gepreek het. Hulle moes ook sien hoe Hy siekes gesond gemaak en duiwels uitgedryf het en by geleentheid het Hy hulle na d naburige dorpies gestuur om alles wat hulle hom hoor en sien doen het, self ook te gaan doen – so het Hy hulle behoorlik opgelei om in sy voetspore te volg.

Mense wat Jesus gevolg het, is sy dissipels genoem. Die woord “dissipel” beteken iemand wat ‘n ander persoon se lering navolg en uitleef. ‘n Dissipel van Jesus beteken dus iemand wat dít wat Jesus verkondig, glo en uitleef.

Klik op die pyltjie hieronder om na ‘n klankopname van hierdie studiegids te luister.

Ons verwelkom ook u KOMMENTAAR EN VRAE. Gebruik asseblief die kontakvorm hieronder daarvoor.



    SwakRedelikGoedBaie goedTreffend


    captcha