2025-06-26A
WATTER NUWE-TESTAMENTIESE BOEK KAN EK NOU LEES?
Hier onder is 'n bondige opsomming van elke boek.
Kyk vinnig daar deur en maak u keuse.
~~~~~~~~~~
DIE VIER EVANGELIES
ALGEMEEN
Gesamentlik bevat hulle Jesus se geslagsregister en verhaal van geboorte tot hemelvaart.
Hulle bevestig en vul mekaar aan.
Deur verskillende skrywers geskryf.
Elkeen teiken 'n ander groep van die mensdom.
Al vier behoort met verloop van tyd gelees te word.
Hieronder brokkies inligting oor elke boek se inhoud.
MATTHËÚS
Geskryf met die oog op die Jode.
Beeld Jesus uit as die Messias en Koning van die Jode.
Geslagsregister van Abraham en Dawid.
Sestig verwysings na Joodse profesië.
Veertig aanhalings uit die Ou-Testament.
J. se wonderwerke: ongeveer 42 vermeldings.
J. se lering: ongeveer 75 vermeldings.
Die Groot Gebod.
Die laaste Avondmaal.
J. in Getsémané en verraai deur Judas.
J. se verhoor, kruisiging, opstanding en verskynings.
J. se Groot Opdrag.
J. se hemelvaart.
Besigtig die studiegids oor Jesus se geboorte ens.
MARKUS
Jesus uitgebeeld as die uitnemende dienskneg van God.
Geskryf met die oog op die Romeine en heidendom.
Geen geslagregister van Jesus.
Niks oor sy lewe voor sy doop en aanvang van sy bediening nie.
Beweeg vinnig van een insident na 'n volgende - woorde "en dadelik" kom 24 x voor (53 Vert).
Jesus se wonderwerke: ongeveer 16 vermeldings.
Jesus se lering: ongeveer 23 vermeldings.
Die laaste avondmaal.
J. in Getsémané en verraai deur Judas.
J. se verhoor, kruisiging, opstanding en verskynings.
J. se hemelvaaart.
LUKAS
Beklemtoning: Jesus se mensheid.
J. se geslagsregister deur Josef, Noag en Adam.
Oorspronklike teikengroep: Grieke.
Johannes die Doper se bediening word verhaal.
J. se geboorte en lewe voor sy bediening.
J. se wonderwerke: ongeveer 12 vermeldings.
J. se lering: ongeveer 38 vermeldings.
J. in Getsémané en verraai deur Judas.
J. se verhoor, kruisiging, opstanding en verskynings.
J. se hemelvaart.
Besigtig die studiegids oor Jesus se geboorte ens.
JOHANNES
Jesus se godheid word beklemtoon.
Geen geslagregister van Jesus.
Begin by Jesus die Skepper van alles.
Geskryf aan Christene wêreldwyd om hulle in hul geloof te grond.
Agt wonderwerke word uitgesonder om Jesus se godheid te bevestig.
Sy verklarings oor homself beklemtoon sy godheid, bv.: die Woord, Lam van God, Eniggebore Seun, Brood van die Lewe, Ware Wynstok, Lig van die Wêreld, Opstanding en die Lewe, die Deur, Goeie Herder, Weg, die Waarheid en die Lewe.
DIE HANDELINGE VAN DIE APOSTELS
HANDELINGE
Jesus se hemelvaart.
Uitstorting van die Heilige Gees en gevolge.
Verkondiging van die Evangelie in Jerusalem en omstreke.
Palus se bekering.
Petrus e bediening.
Die Antiochië gemeente en fundering van Paulus se bediening aan die heidene.
Paulus se drie sendingreise.
Sy se besoek aan Jerusalem, arrestasie, reis na en bediening in Rome.
Besigtig die eerste studiegids oor die boek Handelinge.
DIE SENDBRIEWE VAN PAULUS
ROMEINE
Sentrale tema: Verlossing uit genade volgens die Evangelie van Jesus Christus.
Verdorwenheid van die ganse mensdom.
God se regverdige toorn oor die sonde.
God bied vergifnis en verlossing uit genade, sonder verdienste, deur geloof in Jesus se kruisdood.
Abraham se regverdiging was uit geloof.
Dood vir sonde, lewend vir Christus deur die werking van die Heilige Gees.
Israel se verwerping van genade.
Aspekte van die Christelike lewe.
Besigtig die studiegids oor Romeine.
1 KORINTIËRS
Die Gemeente se stryd teen sonde in 'n korrupte omgewing.
Vryheid in Christus teenoor losbandigheid.
Hantering van afgodery.
Seksuele losbadigheid.
Groepering rondom leiers in die Gemeente lei tot wrywing.
Gawes van die Gees.
Uitnemendheid van die liefde.
Rol van vroue in die Gemeente.
Gebruik van die nagmaal.
Die opstanding.
Besigtig die eerste studiegids oor die boek 1 Korintiërs.
2 KORINTIËRS
Paulus se verhouding tot die gemeente.
Hy vertel van die eise van sy bediening en sy lyding.
Valse apostels.
Hy verdedig sy apostoliese gesag.
Sy hemelse gesig en doring in die vlees.
Besigtig die eerste studiegids oor die boek 2 Korintiërs.
GALASIËRS
Kristalhelder lering oor redding (regverdigmaking) alleenlik deur geloof in Jesus se kruisverdienste.
Veroordeling van pogings om die ewige lewe te verdien deur nakoming van die Wet, bv. besnydenis.
Die Evangelie bring vryheid maar wettisisme lei tot slawerny.
Die Wet is 'n voogd vir die ongereddene.
Sara en Hagar tipeer dié twee beginsels.
Die Gees bewerk vrug soos liefde, vreugde, vrede, ens.
Besigtig die eerste studiegids van Galasiërs.
EFÈSIËRS
Christus, Jesus, die hoof van die gemeente.
Die gemeente se seëninge in Christus.
Verlossing uit genade deur geloof wat ook 'n gawe van God is.
Die Kruis bewerk versoening van heidene en Jode met God en met mekaar.
Paulus se apostelskap en gebed.
Die vyfvoudige bediening van apostels, profete, evangeliste, herders en leraars.
Christelike heligmaking teenoor heidense verdorwenheid.
Die Christelike huisgesin en werkplek.
Die Christelike wapenrusting.
Besigtig die eerste studiegids van Efesiers.
FILIPPENSE
Paulus se liefde vir die Filippense.
Die geestelike vrug van sy gevangenskap.
Blydskap in Christus kan oral ondervind word.
Selfontlediging word hierna beloon met goddelike vervulling (verhoging).
Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
... watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Wees oor niks besorg nie, ...
En my God sal elke behoefte van julle vervul ...
Besigtig die eerste studiegids van Filippense.
KOLOSSENSE
Valse leraars het toegang tot hierdie gemeente verkry.
Hulle het verkondig dat om net in Jesus te glo om gered te word, onvoldoende was.
Sekere bykomende handelinge moes nagekom word, so het hulle geleer.
Paulus waarsku ernstig hierteen: Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie.
Ook veroordeel hy menslike insettinge van "raak nie, smaak nie, roer nie aan nie".
Hierdie leringe doen afbreuk aan die Persoon en verlossingswerk van Jesus Christus, want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; (1:15).
Verder leer hy die gemeente ook oor die gesinslewe, werksverhouding, gebedslewe, ens.
1 THESSALONICENSE
Hierdie gemeente het die Evangelie dadelik aangegryp.
Hulle het oral rond getuig en was bekend vir hul godsvrug.
Hy vra dat hulle die voorbeeld wat hy gestel het, sal navolg.
Dan moedig hy hulle aan om nog oorvloediger te wees.
Hy vermeld seksuele reinheid, broederliefde en fluksheid.
Dan volg lering oor die opstanding en wederkoms.
Laastens meld hy 'n rits van deugde waaraan aandag gegee moet word.
Dit sluit in dinge soos om altyddeur bly te wees, sonder ophou te bid, ens.
2 THESSALONICENSE
Hierdie tweede brief is 'n paar maande na die eerste geskryf.
Die gemeente was nog steeds aan die brand vir Christus.
Weens toenemende vervolging egter, het hulle Jesus se wederkoms dadelik verwag.
Daarom het sommige ophou om te werk.
Paulus leer hulle dat dit wat teëhou (die Bruid) eers uit die weg geruim (weggeraap) moet word.
Dan sal die teëstander, mens van sonde, die seun van die verderf kom.
Daarna volg Jesus se koms wanneer Hy hierdie bose wese sal verdelg.
Laastens volg 'n aantal algemene raadgewinge.
1 TIMÓTHEÚS
Paulus se brief aan een van sy jong medewerkers.
Hy moet sekere leraars waarsku teen die wanaanwendiing van die Wet.
Lering oor voorbidding vir andere, veral vir hooggeplaastes.
Die gedrag van 'n Christenvrou, ook weduwees.
Kwaliteite en regte van ouderlinge, diakens en ander apsdraers.
Getrouheid in die bediening.
Afval in die laaste dae.
Voorligting aan diensknegte.
Vergenoegdheid en waarskuwing teen najaag van rykdom.
2 TIMÓTHEÚS
Paulus se tweede brief aan hierdie jong medewerker.
Hy moet hom nie skaam vir die evangelie nie.
Hy moet die Heilige Gees salwing soos 'n kosbare pand bewaar.
As krygsman vir Jesus moet hy gewillig wees om te ly.
Hy moet nie sy bediening afskeep deur ander werk vir selfonderhoud te doen nie.
Hy moet vlug vir die begeerlikheid van die jonkheid.
Hy moet die hele Skrif, tydig en ontydig verkondig en uitmunt as evangelis.
Paulus kondig ook sy nabye heengaan aan.
TITUS
Paulus se brief aan sy medewerker op Kreta.
Voorskrifte oor sy aanstelling van ouderlinge.
Hoe hy ou manne en vroue, jongmanne en diensknegte moet bedien.
Hy moet ook persoonlik vir hulle 'n voorbeeld wees.
Wat die reddende genade van God in hulle moet bewerk.
Nie op grond van hul werke nie, maar uit genade is hul gered.
Hulle het die bad van die wedergeboorte en vernuwing deur die Gees belewe.
Teen partyskappe moet gewaak woed.
FILÉMON
Filémon was 'n Christenleier in Kolosse en 'n vriend van Paulus.
Sy slaaf Onésinus loop weg en beland in Rome by Paulus.
Paulus lei hom na Christus en oorreed hom om na sy eienaar terug te keer.
Paulus skryf hierdie brief as voorspraak by Filémon om Onésinus terug te neem.
Hy moet hom egter nou vergewe en as mede broer in Christus aanvaar.
DIE BRIEF AAN DIE HEBREËRS
HEBREËRS
Christus die algenoegsame en alles oortreflike Verlosser.
Hy, die Seun, is hoër as die engele.
Hy is hoër as Moses wat die volk uit Egipte uitgelei het.
Hy is die volmaakte Hoëpriester, hoër as die hoëpriesters van die ou verbond.
Melgisédek 'n tipe (beeld) van Chistus se ewige priesterskap.
Die Ou verbond is verby; Jesus is die Middelaar van die Nuwe, beter verbond.
Diere offers moes gedurig herhaal word; Christus se offer was eens en vir altyd.
Die aard van geloof en voorbeelde van OT gelowiges soos Abraham, ens.
Volharding onder beproewing soos wat Jesus gedoen het.
DIE ALGEMENE SENDBRIEWE
JAKOBUS
'n Moontlike titel vir hierdie sendbrief: Geloof in aksie.
Versoekinge en beproewinge is geleenthede om jou geloof te oefen.
Verborge geloof word sigbaar in dade.
Vereer dié wat ryk is in geloof, nie hulle wat ryk is in aardse skatte nie.
Geloof sonder werke is nikswerd; di's duiwelse geloof.
Beheersing van jou tong is 'n puik toets vir jou geloof.
Die wysheid wat van God kom, is rein, vredeliewend, onpartydig, ...
Vriendskap met die wêreld is vyandskap met God.
Die risiko's van rykdom.
Geduld, die krag van gebed en bekering van sondaars.
1 PETRUS
Danksegging vir die saligheid wat voorlê.
"Wees heilig want Ek is heilig".
Die verworpe steen wat 'n Hoeksteen geword het.
Julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk.
Wandel as voorbeeld onder die heidene.
Onderdanigheid aan die wat gesag namens God uitoefen.
Pligte en diens van Christelike diensknegte.
Gedrag van Christen mans en vroue.
Beoederliefde, geduld en deurlewing van verdrukking.
'n Woord aan die ouderlinge.
2 PETRUS
Ongeveer drie jaar na die eerste brief geskryf.
Doel: om Christene te waarsku teen valse leraars.
Die Heer se goddelike krag skenk ons alles vir die kweking van godsvrug.
Beywering vir geestelike groei sal verhoed dat jy terugval.
Voeg by geloof deug, kennis, selfbeheersing, lydsaamheid, broeder- en naasteliefde.
Profesië word deur heilige mense geuiter onder inspirasie van die Heilige Gees.
Lering aangaande die wederkoms van Christus.
1 JOHANNES
Doel van die brief: Om Christene se geloof te onderskraag.
Die Woord het vlees geword en Johannes het hom aangeraak.
God is Lig en het gemeenskap met hulle wat in die lig wandel.
Almal sondig maar deur belydenis ervaar hulle vergifnis en reiniging.
Hy wat sy broeder haat, is in duisternis en buite gemeenskap met God.
Moenie die wêreld liefhê nie want dit gaan verby.
Hy wat Jesus verloën is 'n antichris.
Wat 'n voorreg om kind van God genoem te kan word.
God is liefde; daarom het Hy sy Seun gestuur om vir ons te sterf.
Hy wat die Seun het, het die Lewe.
Sy verhoring van ons gebede dien tot versterking van ons geloof.
2 JOHANNES
Hierdie brief is waarskynlik gerig aan die leidster van 'n gemeente.
Verkondigers van die Skrif moet getoets word aan die volle leer van Christus.
Hulle moet ook gemeet word aan hul uitlewing van die Liefdesgebod.
3 JOHANNES
Die brief is aan ene Gajus gerig.
Hy prys hom vir sy goeie werk om geestelike werkers aldaar te ondersteun.
Twedens waarsku hom ook teen ene Demétrius, wat sy eie eer soek.
Hy dwarsboom die werk ook deur huisvesting aan geestelike werkers teen te staan.
Laastens dra hy groete oor en spreek sy hoop uit om hulle spoedig te besoek.
JUDAS
Die skrywer, Judas, was die broer van Jesus en Jakobus.
Hy doen hiermee 'n oproep aan Christene oral.
Hulle moes kragtig te stry vir die geloof wat aan hul oorgelewer was.
Alle valsheid in leer en immoraliteit in wandel moes verwerp word.
Die Heer se magtige dade moes in herinnering geroep word.
Ag moes geslaan word op die apostels se waarskuwings.
Hulle moes hulself en andere versterk deur gebed.
Sonde moes gehaat word.
Ten slotte word 'n hartroerende lofprysing aan God gebring.
DIE OPENBARING VAN JOHANNES
OPENBARING
Geskryf deur die apostel Johannes vanaf Patmos waarheen hy verban was.
Aan sewe bestaande gemeentes; ook verteenwoordigend van gemeentes te alle tye.
Openbaring van wat moet kom en van Jesus se eindoorwinning oor alle magte.
Die vrou en die draak: vervolging van die Liggaam van Christus.
Die opening van die seëls, die basuine, weë, skale, ens.
Die diere wat uit die see en aarde opkom.
Die martelare en vrygekooptes.
Val van Babilon: klaagtone op aarde en vreugde in die hemel.
Oorwinning van Christus oor die dier en die valse profeet
Satan gebind en gelowiges regeer met Jesus vir 1000 jaar.
Die Wit Troon eindoordeel.
Die Nuwe Jerusalem, Nuwe Hemel en Nuwe Aarde.
Oproep en bemoediging tot volharding.
///////////