Hooglied 8 vers 5 tot 7

‘N WAG? 8:5a  Wie is dit wat daar opkom uit die woestyn, wat leun op haar beminde?

… en in die woestyn, waar jy gesien het hoe die HERE jou God jou gedra het soos ‘n man sy seun dra, op die hele pad wat julle getrek het, totdat julle tot by hierdie plek gekom het. (Deu 1:31). 

Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! 2  As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. (Jes 43:1,2).

DIE BRUIDEGOM: 8:5b Onder die appelboom het ek u opgewek. Daar was u moeder in barensweë oor u, daar was sy in barensweë wat u voortgebring het. 

Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? 20  Want julle is duur gekoop. … . (1Kor 6:19,20).

Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is. (Rom 5:10).

DIE BRUIDEGOM: 8:6a  Dra my soos ‘n seëlring op u hart, soos ‘n seëlring op u arm;

DIE BRUIDEGOM: 8:6b … want liefde is sterk soos die dood, die liefdes-ywer is hard soos die doderyk, sy gloed is ‘n gloed van vuur, ‘n vlam van die HERE. 

En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort—gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My. (Mar 10:21).

DIE BRUIDEGOM: 8:7a  Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie;

DIE BRUIDEGOM: 8:7b al gee ‘n man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag. 



    SwakRedelikGoedBaie goedTreffend


    captcha