Mark 1:40-45, Melaatse gereinig

“AS U WIL KAN U MY REINIG”
“EK WIL, WORD GEREINIG”

Jesus, die Seun van God het vir d mens kom wys dat die Vader ‘n liefdevolle Persoon is wat graag goeie dinge vir die mens wil doen. Dit het Jesus gedoen deur baie mense in die Naam van sy Vader gesond te maak. Baie van hulle was jarelank al siek en geen dokter kon hulle gesondmaak nie.

Hierdie melaatse was so ‘n man. ‘n Melaatse moes sy hare los laat hang en skeure in sy klere maak en wanneer hy iemand na hom toe sien aankom, moes hy uitroep, “Onrein, onrein,” om die persoon te waarsku om nie naby aan hom te kom nie. Hy kon dus nie by sy familie woon nie en moes buite d dorp in verlate plekke bly. Barmhartiges moes vir hom kos neem en êrens binne sy bereik neersit. Sy wonde was met stukke lap toegedraai.

Klik op die pyltjie hieronder om te luister na ‘n klankopname van die studiegids wat hieroor handel.

Ons verwelkom ook u KOMMENTAAR EN VRAE. Gebruik asseblief die kontakvorm hieronder daarvoor.



    SwakRedelikGoedBaie goedTreffend


    captcha