SELFSTUDIE

.

Om na ‘n preek te luister kan leersaam wees, maar het jy al gedink hoeveel moeite die prediker moes doen om daardie leersame boodskap voor te berei? Hy moes diep dink, peins, oor die inhoud. Ook moes hy sy teks vergelyk met ander Skrifgedeeltes en daaroor bid om dit te verstaan.

Jy sê hy word daarvoor betaal. Ja, maar die geestelike waarde wat hy daaruit put is ‘n groter beloning. Hy probeer natuurlik ook om uit te lewe wat hy geleer het. So word hy geestelik meer verryk as die luisteraar.

Ons sê dus: dit is goed om te luister, beter om te lees en te onderstreep, maar die beste om te studeer.

Hierdie reeks selfstudiegidse is saamgestel om u daarin te help.

Klik nou HIER om by die eerste onderwerp te kom of kies vandaar ‘n ander een.

.

//////////

Ons verwelkom ook u KOMMENTAAR EN VRAE. Gebruik asseblief die kontakvorm hieronder daarvoor.




    SwakRedelikGoedBaie goedTreffend