Ben en Martie Lubbe
My vrou en ek (skrywer van hierdie publikasies), was vir ’n aantal jare betrokke by die geestelike bediening van klein groepies lidmate (sel/huis/omgee groepe) en vir ‘n langer periode by sendingwerk in suidelike Afrika. (Sien die publikasie “OUR STORY”)
In 2005 het ons ‘n sending by name Rivoni Ministries gestig met die doel om die Shangaan bevolking van Mosambiek tot dissipelskap in Christus te lei.
Ons het ’n dissipelsskapkursus ontwikkel wat oor drie jaar strek en wat groot gedeeltes van die Bybel dek. Baie van die publikasies wat in hierdie webwerf aangebied word, was eerstens geskryf as studiegidse vir daardie studente wat tans (Julie 2020) tot ongeveer 1200 aangegroei het.
Uit eie belewenis as Christene, en deur die ondervinding wat ons in die huisgroepe en onder die grootliks ongekerstende landelike Shangaan bevolking van Mosambiek opgedoen het, kan ek met oortuiging konstateer dat diepgaande Bybelstudie ongetwyfeld die sleutel is tot vinnige en gesonde geestelike groei.
PROBEER DIT GERUS!