2025-12-12
In hierdie studiegids skryf ons eerstens oor die uniekheid en ondefinieerbaarheid van die liefde. Tweedens praat ons oor die geweldige krag van sondige verleiding na aanleiding van Spreke se beeld van ‘n diep kuil en ‘n nou put waarin die onversigtige wandelaar beland en verdrink maar waaruit hy ook gered kan word deur die Naam van Jesus aan te roep. Dan bespreek ons ook nog die beeld van die verspilde fonteinwater en laastens praat ons oor die lewenslange huweliksgenot wat elke huwelikspaartjie kan geniet. Lees dit gerus; u behoort dit te geniet.
2025-11-11
Die boek Spreuke handel oor die wese, optrede en advies van twee vroue: Vrou Wysheid en Vrou Dwaasheid. Waarom vroue? Die eerste vrou, Eva, was die moeder van alle menselewe, daarom simboliseer die vrou die bron van hierdie twee strominge. Geestelik gesproke is God die bron (oorsprong) van alles wat goed en die duiwel van alles wat boos is. Verder bespreek ons die karaktereienskappe en optredes van hierdie twee vroue. Ook kom ons tot die gevolgtrekking dat die duiwel bankrot is en niks het om aan die mens te bied nie.
2025-10-22
‘n Psalm van Heman, een van die mees wyse manne in Israel en waarskynlik ‘n raadgewer vir Salomo. Hy word oorval deur allerhande moeilikhede, verval in depressie en skryf die mees morbiede val alle Psalms; dit weerspieël geen sprankie van hoop nie. Waarom sluit die Heer hierdie Psalm in sy bundel in? Hier is die antwoord.
2025-10-13
SPREUKE: WYSHEID IS ‘N HELDERWORDENDE LIG
Hierdie hoofstuk handel oor die volgende onderwerpe: Die vader se verantwoordelikheid om sy kinders in die weë van die Here te onderrrig. Goddelike wysheid is nie net ‘n sporadiese optrede nie maar ‘n lewensweg. Die twee weë. Bewaring van wysheid wat reeds bekom is.
2025-10-05
SPREUKE: KEN HOM IN AL JOU WEË
In hierdie studiegids praat ons o.a. oor die volgende dinge: 1. Ons vergeet so gou wat die Heer ons reeds geleer het, daarom moet ons dit miskien in ‘n dagboek opteken of sommer net dikwels weer herbedink. 2. Verskeie praktiese voordele wat die beoefening van goddelike wysheid inhou, word vermeld en bespreek. 3. Interaksie met ons medemens is iets wat ons gedurigdeur beleef. Kan jou buurman op jou vertrou? Is jy dalk liggeraak? 4. Ons offergawes is eerstens ‘n verering van God self, daarom moet dit uit die hart kom en nie net die bietjie oorskiet wees nadat al my begeertes versadig is nie.
2025-09-19
SPREUKE: INTENSE SOEKE WORD BELOON
Salomo spreek dikwels sy “seun” aan; waarom nie ook sy dogters nie? Hoe moet ons te werk gaan om die wysheid intens na te jaag sodat ons die seën wat daaraan gekoppel is, kan verkry? Waarteen en teen wie beskerm die Here hulle wat hulle beywer om die wysheid van God uit te leef? Die erfporsie van die wyses. Dit is vrae wat in hierdie Bybelstudie beantwoord word.
2025-09-13
SPREUKE: WYSHEID SE ROEP TOT DIE MENS
WYSHEID word hier as die Derde Persoon van die Drie-Eenheid uitgebeeld. Sy roep deur die eeue oral oor tot die mens om bekering tot God. Die Wyse bekeer hom of haar tot die Heer en ontvang self ook wysheid. Die dwase spot en volhard op sy dwase weg en gaan verlore. Wanneer die dwase eendag tot die Wyse om hulp roep, sal Dié, op haar beurt met hom spot.
2025-09-12
SPREUKE: ROOF, BEDROG, SWENDELARY, DOBBELARY, ENS
Salomo praat verder met sy seun en waarsku hom teen vriende wat hom wil verlei om vinnig ryk te word deur andere te beroof. Jy span ‘n strik vir jouself, sê hy. Nie almal gebruik egter geweld om hul koffers te vul nie. Sommige dobbel. Dit lyk onskuldig maar kan tot misdaad vervolging en straf lei. Bely dit en laat dit staan. Die Heer het vir ons veilige weë geskep waarlangs ons vir onsself kan sorg.
2025-09-11
Hierdie studiegids handel oor Tug, Teregwysing, Geestelike intelligensie en IK. Dit wys ook daarop dat Nederigheid eer vooraf gaan en meld die prys van goddelike wysheid.
2025-09-08
Spreuke handel oor Wysheid en Dwaasheid. Mense wysheid is ware wysheid wat skeef geloop het. Goddelike wysheid is eintlik niks anders nie as gesonde logika.
2025-09-05
Salomo, die wysste man ooit en koning van die geseëndste volk ooit gee 900 brokkies raad oor hoe om die beste van die lewe te maak. Dit is voorwaar goeie raad. Ons sal dit soos keur sjokoladelekkers een een uitdeel en hierdie een is dan die eerste van wie weet hoeveel nog sal kom. Geniet dit en gebruik dit by wyse van beoefening.
2025-07-28
Paulus skryf hierdie brief uit die gevangenis, nogtans is sy tema “Blydskap in die Here.” Ander interessante onderwerpe wat hy behandel is:
- Die selfontlediging van Jesus wat tot sy allerhoogste verhoging gelei het.
- Paulus se leuse: “Vir my is die lewe Christus en die sterwe wins”.
- Lyding ter wille van Christus is begeerlik.
- Materiële behoeftes – leer om vergenoegd te wees te midde van beide oorvoed en gebrek.
- Sterf om te kan leef.
- Hoe om voortdurende vrede van hart te ervaar.
2025-07-28
Ouer-kind verhoudinge. Arbeidsverhoudinge. Die geestelike wapenrusting: die helm, borswapen, skild, gordel en skoene. Baie leersaam.
2025-07-28
Die Christelike lewenswandel verder gekontrasteer met die heidense lewenswyse. Tweedens word die Chritelike lewenswandel toegepas op die huwelk. Kragtige lering wat elke kind van God moet bestudeer en uitleef.
2025-07-19
INHOUD: a. Perspektief op Paulus se lyding vir die Evangelie. b. Paulus se gebed dat hierdie gemeente die waarhede wat hy aan hulle oordra, sal verstaan. c. Beginsels van eenheid en hoe dit uitspeel binne die Liggaam van Christus – ook in die gawe van die vyfvoudige bediening. d. Die kontras tussen die Christelike en heidense lewenswandelinge. Hierdie is nog ‘n openbaring van die rykdom wat die Christen in Christus deelagtig geword het.
2025-07-16
Hierdie sendbrief is, anders as meeste van die andere, nie geskryf om dwaallering of afwykende gedrag aan te spreek nie, maar eerder om die lesers na hoër grond te lei. Dit gaan eerstens oor God se ewige voorneme met die skepping, naamlik dat dit as een groot eenheid moet funksioneer. Wat eenheid van God se mense betref, gebruik Paulus verskeie beelde ter illustrasie, bv. die Kerk as ‘n gebou waarvan Christus die hoeksteen is, ook as ‘n liggaam waarvan Christus die hoof is en derdens as ‘n huwelik waar Christus die man en die Kerk die vrou is. Sommige geleerdes meen dat hierdie brief ‘n dieper openbaring van die Christelike leer as selfs die boek Romeine bevat.
2025-07-16
Watter Nuwe-Testamentiese Bybelboek sou ek nou interessant vind om te lees? Hierdie is ‘n bondige opsomming van elke boek. Kyk vinnig daar deur en maak u keuse.
2025-06-23
Watter Ou-Testamentiese Bybelboek sou ek nou interessant vind om te lees? Hierdie is ‘n bondige opsomming van elke boek. Kyk vinnig daar deur en maak u keuse.
2025-06-12
Met die koms van ons Verlosser na ons toe en sy geboorte in Bethlehem, was dit so ‘n groot dag dat die Heer ‘n koor van engele gestuur het om dit vir die skaapherders, en deur hulle vir die mensdom aan te kondig. Net so besonders was Pinksterdag. Na die sondeval het Vader, Seun en Heilge Gees vier eeue lank beplan en gearbei om alles gereed te kry vir wêreldevangelisasie en nou, met die uitstorting van die Heilige Gees was die mens bemagtig om die taak wat Jesus begin het, voort te sit – en dit is waaroor hierdie Bybelstudie gaan. Lees dit en skakel in by Sy taakmag van gestuurdes.
2025-05-30
Nog 3 hoofstukke oor hierdie kardinale geestelike waarheid. Probeer jy om die hemel te bekom deur volkome nakoming van die Wet, bly jy ‘n slaaf en vir ewig verlore. Geloof in die kruiswerk van Christus, daarenteen maak van jou ‘n kind van God en erfgenaam van al die beloftes wat Hy aan Abraham, wat net so in Hom geglo, toegesê het. Die twee verbonde soos getipeer deur Sara en Hagar word ook hier bepreek: ‘n kostelike waarheid word aan die leser geopenbaar. Dan praat Paulus oor die bewaring van jou Christelike vryheid omdat daar is ‘n aanslag daarop is. Laastens wys hy daarop dat om in die Gees te wandel nie beteken dat jy losbandig kan voortgaan omdat jy nou seker is dat jy hemel toe gaan nie, maar eerder dat jy uitreik na gelykvormigheid aan die heilige wandel van Jesus.
2025-05-27
Paulus se sendbrief aan die Galsiërs handel oor regverdigmaking deur die geloof in Christus se soenverdienste teenoor die valse opvatting van versoening deur onderhouding van die Wet. Hierdie is een van die belangrikste boeke in die ganse Skrif omdat die mens se ewige bestemming bepaal word deur jou insig in hierdie waarheid. Hierdie gemeente was op die punt om deur valse lering hul saligheid te verloor. Soveel lidmate van welbekende kerke loop dieselfde gevaar. Is u seker dat u vertroue nie dalk ook misplaas is nie? U sal die antwoord in hierdie en die daaropvolgende studiegids vind.
2025-05-26
Hierdie is Paulus se laaste hoofstukke aan die gemeente van Korinte en handel oor die insameling van fondse vir die gemeente van Jerusalem, sy apostoliese gesag, kenmerke van ‘n ware dienskneg van God, sy hemelse visie en doring in die vlees en verskeie ander praktiese wenke en raad: vyf boeke gevul met waardevolle lering wat met ‘n doel vir ons bewaar gebly het. Bestudeer dit en bêre dit weg in u geheue en in u hart.
2025-05-22
Hierin spreek Paulus oor skoon maar brose erdekruike; My tent, huis en beloning; Die bediening van versoening; Ambassadeurs van Christus; Tempels van God. Besonder uitdagende lering vir elke kind van God.
2025-05-08
Die onmeetlike heerlikheid van die Nuwe Testamentiese bediening teenoor dié van die Oue word hierin behandel en hoedat ons geestelik verander word, nie deur al harder te ptobeer nie, maar deur Christus te aanskou.
2025-05-08
Paulus gaan voort om aan die gemeente van Korinte voorligtinge te gee oor die bestuur van hul kerk en behandel die volgende belangrike onderwerpe:
- Orde in die beoefening van die geestelike gawes.
- Die rol van vroue in gemeentelike byeenkomste.
- Die belangrikheid van die opstanding van Christus.
- Sy reëlings vir hierdie gemeente en planne vir die toekoms waaruit sekere lesse geleer kan word.
Hierdie drie hoofstukke bevat nuttige en nodige lering, veral vir jong opkomende gemeentes – kyk gerus daarna.
2025-04-28
Twee baie interessante hoofstukke oor die nege bonatuurlike gawes wat die Heer aan sy liggaam gee ter opbouing van gemeentes. Een van die redes waarom kerke nie na behore groei nie, is omdat hulle nie hierdie gawes benut en gevolglik nie die stempel van die Bonatuurlike dra en daardie krag belewe nie. Ons moet ook nie spog oor ons gawes nie en in gedagte hou dat dit verganklik is; dit opereer slegs op aarde en is bedoel om liefde en die ander wesensvoortreflikhede van God mee te kweek wat na die hiernamaals oorgedra sal word.
2025-04-28
In hierdie hoofstukke skryf Paulus oor ‘n Christen se die beoefening van sy regte, gesag, optrede van vroue in die gemeente en talle ander belangrike onderwerpe.
2025-04-19
Paulus gaan voort met sy sendbrief aan die gemeente van Korinte wat, drie jaar nadat hy dit gestig het, nog weinig geestelike groei toon. Hulle is trots op die geestelike gawes wat hulle ontvang het, maar gaan gebrek aan die vrug van die Gees. In sy skrywe praat hy oor onsedelikheid, regsgedinge tussen broeders, die Christen huwelik en die eet van vleis wat aan afgode geoffer was. ‘n Baie leersame Skrifgedeelte wat elke kind van God behoort te lees en te oordink.
2025-04-19
Paulus se sendbrief aan hierdie drie jaar oue gemeente. Hul vleeslikheid is verontrustend. Na soveel jare sedert hul ontstaan, is hulle steeds babas in Christus wat met geestelik melk gevoed moet word. Dit blyk uit hul twis oor wie van hul leiers die beste is, asook hul rusies onder mekaar.
2025-01-08
GRATIS: BOEKIES IN BANGLA VIR VERSPREIDING
ONS HET NOG 15 BOEKIES IN BANGLA, GRATIS BESKIKBAAR EN SAL OOK DIE KOERIERFOOIE DAARVOOR BETAAL NA ENIGE BESTEMMING BINNE SUID-AFRIKA. KLIK HIERBO VIR MEER BESONDERHEDE.
2024-11-28
HOOGLIED VAN SALOMO: Hoofstuk 8:8-14
Die Bruid beoordeel haarself na aanleiding van die lering wat sy ontvang het en voel goed oor haarself: sy het geestelik gegroei en ondervind nou baie meer rustigheid in haar gemoed. Dit lei daartoe dat sy die Bruidegom versoek om tog voort te gaan om sy stem vir beide sy vriende en sy Bruid te laat hoor. Die hoofstuk en lied sluit af met die woorde van die Bruidegom wat die Bruid aanspoor om te vlug vir die sonde maar ook voort te gaan om haar vryheid en krag in Christus te geniet. Mag u hierdie laaste hoofstuk ook geniet.
2024-11-24
HOOGLIED VAN SALOMO: Hoofstuk 8:5-7
Die perikoop begin waar die Bruid op die woestynpad op haar Beminde leun. Daarna volg ‘n lang in diepte en baie kosbare bespreking oor die wese van liefde.
2024-11-19
HOOGLIED VAN SALOMO: Hoofstuk 7:10-8:4
Oorstelp van vreugde roep die Bruid uit, “Ek is my Beminde s’n en Hy is myne”. Dan wandel hulle saam deur sy Koninkryk. Mettertyd is sy weer op haar eie, besig met haar dagtake. Oral kom sy Hom teë maar kan Hom nie in die openbaar omhels nie. Uiteindelik is hulle darem weer agter geslote deure en verlustig sy haar in sy intieme omhelsing. Haar waarskuwing: “Moenie die liefde wakkermaak … “. Klik op die titel hierbo en lees die hele studiegids.
2024-11-16
HOOGLIED VAN SALOMO: Hoofstuk 7:1-9
Die Bruidegom gaan voort met sy minnelied en fluister vir sy Beminde dat sy vir Hom uitstaan soos ‘n ivoortoring en soos die toring op die Libanon gebergte. Sy is soos ‘n dadelpalm wat sy trosse vrugte hoog bo dra waar net Hy dit kan bykom. Niks op die ganse aarde kan met haar vergelyk word nie. Hy begeer haar met sy hele wese.
2024-11-09
HOOGLIED VAN SALOMO: Hoofstuk 6:4 tot 6:13
Die Bruid word vergelyk met stede, slagordes, oorlogswaens, vaandels, die dagbreek, die maan. Haar wapens. Wie is die koninginne, byvroue, jonkvroue en dogters? Die Bruidegom in sy wêreldwye tuine. Hy snel sy Bruid te hulp. Die Bruid dans vir hom die dans van Mahanaim.
2024-10-24
HOOGLIED VAN SALOMO: Hoofstuk 5:8 tot 6:3
Die Bruid soek verder na haar Beminde in die strate van Jerusalem en ontmoet die dogters van die stad. Wie is hulle? Hulle ken nie haar beminde nie en wil weet wat is nou so besonders omtrent Hom? Onmiddellik besing sy, sy lof op ‘n hartroerend wyse wat sommige laat wonder of hulle nie ook self na Hom moet gaan soek nie. Nog ‘n diep-dink Bybelstudie oor Hooglied. Lees gerus en lewer kommentaar.
2024-10-24
HANDELINGE 22 TOT 28, SLOTOPMERKINGS.
Wat is die belangrikheid van hierdie Skrif dat sewe hoofstukke daaraan afgestaan en Lukas saamgestuur word om die gebeure op te teken? Lees ook oor die meriete in lyding vir Christus en hoe die Heer vir Paulus ten tyde van moeilike omstandighede met gemak bewaar en gerieflik versorg het.
2024-10-18
HOOGLIED VAN SALOMO: Hoofstuk 5:1-7
Die slapende Bruid en die uitgesluite Bruidegom. Dan raak die Bruidegom vermis. Die Bruid soek naarstiglik na Hom en word deur die wagte aangerand. Doodloopstrate. Hoe vind ‘n mens die pad terug as jy afgedwaal het? Klik hierbo op die titel en u is midde in hierdie spanningsverhaal.
2024-10-07
HOOGLIED VAN SALOMO: Hoofstuk 4:9-16
Die Hemelse Bruidegom se hart word gesteel. Wat beteken ‘n “susterbruid?” ‘n Park van granate. Onbekende geure en speserye. U behoort dit baie te geniet. Klik op die titel en besluit self.
2024-10-03
HOOGLIED VAN SALOMO: Hoofstuk 4:6-8
6 Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, sal ek gaan na die mirreberg en na die wierookheuwel. 7 Alles is mooi aan u, my vriendin, en daar is geen gebrek aan u nie. 8 Saam met my van die Líbanon af ... Wat beteken dit tog alles. Kom kyk gerus.
2024-10-01
HOOGLIED VAN SALOMO: Hoofstuk 4:4,5
Die Bruidegom komplimenteer die Bruid oor haar hals en borste. Kan u dit uitlê? Kom besin verder saam met ons oor hierdie besonder interessante Bybelboek.
2024-09-27
HOOGLIED VAN SALOMO: Hoofstuk 4:3.
Die Bruidegom komplimenteer die Bruid oor haar lippe en slape. Wat is die geestelike betekenis daarvan?
2024-09-13
HOOGLIED VAN SALOMO: Hoofstuk 4:1,2.
Hierin praat ons oor die geestelike betekenis van die Bruid se hare en tande.
2024-09-03
HOOGLIED VAN SALOMO: Hoofstuk 3:6-11.
Die Bruid moet haar Bruidegom ook as Koning leer ken sodat sy Hom kan respekteer en vertrou. Daarom openbaar Hy homself aan haar waar Hy in sy Koninklike draagstoel reis, op die skouers van sy getroue kragtige dienaars en onder die beskerming van sy 60 soldate. Die rookkolomme van geurige speserye is, net soos die banier van liefde ‘n deklarasie van die aard van sy heerskappy. Lees die perikoop eers ‘n paar keer deur en vorm u eie gedagtes oor die inhoud voordat u die skrywer se vertolking raadpleeg.
2024-08-31
HOOGLIED VAN SALOMO: Hoofstuk 3:1-5.
Die Bruid op soek na haar Bruidegom. Sy soek Hom in die stad, simbool van die vlees. Haar ondervindinge met verskeie mense, asook met die wagte. Sy is desperaat, maar dan is Hy skielik daar, onopsigtelik vir andere maar opsigtelik vir haar. Sy is verheug en neem Hom na die huis van haar moeder.
2024-08-16
HOOGLIED VAN SALOMO: Hoofstuk 2.
Nog ‘n hoofstuk van lekkerlees en kopkrap oor wat die lesse is wat uit hierdie unieke Booek oor die LIEFDE geleer kan word. Geniet dit en lewer asseblief kommentaar daarop.
2024-08-10
HOOGLIED VAN SALOMO: Inleiding en Hoofstuk 1
Elke boek van die Bybel is uniek, maar DIE HOOGLIED VAN SALOMO is besonder, besonders omdat dit in sy geheel oor die liefdesverhouding tussen Jesus, die Hemelse Bruidegom en die mens, sy aardse bruid gaan. As daar nou ooit, meslikerwys gesproke, ‘n “mismatch”, wanverhouding vir ‘n verlowing met die oog op ‘n latere huwelik was, is dit hierdie een. Die Bruidegom en bruid is so ontsaglik vêr uit mekaar wat betref intellek en heiligheid, hoe kan dit slaag? In hierdie boek sien en beleef u hoedat die Bruidegom, gemotiveer deur sy eindelose liefde, afdaal na haar vlak en haar bystaan om geleidelik te verander na sy beeld. Skep daardeur moed en raak entoesiasties oor u eie verhouding met die geliefde Seun van God, Prins van die heelal. Klik bo, op die opskrif, om na die indeks te blaai.
2024-07-08
Meeste kenners van die Skrif sal met my saamstem dat hierdie Boek beskryf kan word as die hart van die Woord omdat dit die Evangelie duideliker as enige ander boek uiteensit. Elkeen wat die denke van God oor die verlossing van die mens in diepte wil begryp, moet Romeine deurgrond. Die 16 hoofstukke word hier in 8 studiegidse behandel wat eintlik maar net opsommend daarvan is, maar tog ‘n goeie basis lê vir latere diepere navorsing. Onderwerpe wat behaldel word is die volgende:
- God se openbaring van homself in die natuur en in die mens se gewete, is voldoende om die heiden aanspreeklik te hou vir sy sondigheid.
- Die bevoorregte posisie van die Jode en die rede waarom hulle nogtans die ewige Lewe misgeloop, terwyl die heidene voor hulle ingeglip het. Gaan die Jode ‘n tweede kan kry?
- Alle mense se redding (verlossing) uit genade en nie deur die koop van ‘n plekkie in die hemel deur hul goeie dade nie.
- Die nuwe lewe deur die werking van die inwonende Heilige Gees.
- Die hewige geveg tussen die ou en nuwe nature.
- Sommige geestelike gawes.
- Belangrike Christelike deugde wat ontwikkel moet word.
- Liefde, die basis van Christelik optrede.
- Toekomsplanne en groete
Klik bo, op die opskrif, om na die indeks te blaai.
2024-06-13
DIE BOEK HANDELINGE: ‘n Reeks van 9 studiegidse is bygevoeg; sien die hoof- en sy-indekse. Vir die eerste gids in die reeks, klik op Uitstorting van die Heilige Gees .
Ons verwelkom u KOMMENTAAR EN VRAE. Gebruik asseblief die kontakvorm hieronder daarvoor.