Hooglied 7 vers 10 tot 8 vers 4

2024-11-16

DIE BRUID: 7:10 Ek is my beminde s’n, en sy begeerte is na my. 

7:11  Kom, my beminde, laat ons uitgaan in die veld, laat ons in die dorpe vernag. 
7:12  Laat ons vroeg na die wingerde gaan, laat ons sien of die wingerdstok uitloop, die druiwebloeisel oopgaan, die granate blom. Daar sal ek u my liefde gee. 
7:13  Die liefdesappels gee geur, en by ons deure is allerhande kostelike vrugte, vars en oud; o my beminde, dit het ek vir u weggebêre. 

8:1  Ag, was u maar vir my soos ‘n broer wat aan die borste van my moeder drink! As ek u daar buite vind, ek sou u kus; en tog sou hulle my nie verag nie. 
8:2  Ek sou u lei, ek sou u bring in die huis van my moeder; sy sou my leer; ek sou u laat drink van die gekruide wyn, van my granaatmos. 

8:3  Laat sy linkerarm onder my hoof wees en sy regterarm my omhels. 
8:4  Ek besweer julle, dogters van Jerusalem: Waarom wil julle wakker maak en waarom wil julle opwek die liefde voordat dit die liefde behaag?