2 comments on “Bybel-Boek Studies

  1. Goeiedag. Ek het nou op julle website afgekom. Wow dis baie inligting en so lekker in Afrikaans. Ek sukkel met bybelstudie so hoe maak ek en waar begin ek? Moet ek by die boek studies begin en eers die bybel deurlees of moet ek onderwerpe bestudeer? Ek weet net nie waar en hoe om te begin nie… Ek sien die links wat by Genesis begin maar dis seker nie alles nie en dis omtrent 4 hooftukke op n dag wat baie is om te bestudeer.
    Ag kan julle help?
    Dankie vir julle website.
    Mooi dag en seen vir julle
    Esna

    1. Dankie vir jou navraag.

      • WAAR OM TE BEGIN
      Begin by die begin; begin by Genesis 1:1. Die meeste Bybellesers ken die skeppingsverhaal, maar nie in diepte nie. Vra jy my waaroor die Bybel gaan, antwoord ek, “Oor God.” En die eerste hoofstukke handel uitsluitlik oor Hom, Hy wat voor alles reeds daar was, Hy by Wie die idee van ‘n fisiese skepping van sterre en planete en ‘n aardetjie vol plante, diere en mense opgekom het. Hy, Hy, Hy is die sentrale boodskap van die Woord: “In die begin het God … ” . Raak opgewonde oor Hom en jou kop is deur. Miskien kon jy ter inleiding die twee studiegidse “Die Bybel”, en “Is daar ‘n God”, lees – kyk net vlugtig daarna sodat jy by Gen 1 kan uitkom. Hier is hul skakels: https://pottebakker.co.za/inleiding-tot-die-bybel/ , https://pottebakker.co.za/is-daar-n-god/ .
      Genesis is die fondament waarop die ganse Skrif gebou is. As jy hom jou eie gemaak het, sal jy die res van die Bybel baie makliker verstaan.
      Genesis bevat ook kosbare praktiese lesse uit die lewens van Abraham, Isak en Jakob. Lesse oor geloof; lesse oor hoe die die familie moet lewe en nie moet lewe nie.
      Na Genesis kan jy dalk ‘n aantal studiegidse oor die Evangelies doen sodat jy kan sien hoedat die Tweede Adam moes kom om die eerste Adam se brouwerk op te ruim en is dit tog nie lekker om te lees hoe Hy die duiwel en sy trawante keer op keer getroef het nie.
      • AFLAAI VAN DIE STUDIEGIDSE
      o Om ‘n studiegids uit te druk, klik op die drie kolletjies regs bo-aan die bladsy en ‘n venster met ‘n “Print” funksie sal oopmaak wat jou toelaat om die gids uit te druk.
      o Om ‘n gids af te laai: Daar bestaan, sovêr my kennis strek, nie ‘n Toep om geskrewe materiaal in Afrikaans af te laai nie, jammer. Wat jy kan doen is om die hele gids te “highlight” te “copy” en in ‘n “Word” dokument af te laai vanwaar jy dit na wense verder kan bewerk.

      Ons hoor graag weer van jou.

      Vrede en vreugde,
      Ben Lubbe

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Please enter the letters below: * Time limit is exhausted. Please reload CAPTCHA.