Philippolis Nuus No 13; 2015-11-09

Skou Siertuig

Philippolis Skou: ‘n Jong mannetjie met ‘n siertuig

REЁNVAL
Behalwe vir los buitjies hier en daar, het ons geen reën gehad nie. Alhoewel die veld, danksy die ligte winterreën nog gangbaar is, is die hitte besig om die landskap uit te droog en moet ons die Here saam vertrou vir deurdringende reën.

WATERBEPERKINGS
Vroeër of later moes dit kom en gister is ons gemeenskap skriftelik in kennis gestel dat waterreserwes baie laag is en noodsaak dat beperkings ingestel moet word. Water sal daagliks vanaf 12h00 tot 17h00 afgesny word en addisionele afsnytye vanaf 21h00 tot 05h00, is reeds geïmplementeer.

PHILIPPOLIS SKOU
Louis Fourie, die sekretaris, berig soos volg: Die Philippolis skou wat ononderbroke sedert 1928 gehou word, is aangebied vanaf 5 tot 8 November met die skaaphondkompetisie wat vroeër reeds plaasgevind het. Dit was die eerste jaar dat Dorper skape te sien was. Daar was ook Boerbokke en die Merino inskrywings was besonder hoog, dalk meer as by die Bloemfontein skou. Verder was daar beeste en pluimvee te sien. Wat betref die saalperd- en siertuigkompetiese, was daar minder inskrywings as vorige jare omdat die skooleksamens hierdie jaar vroeër plaasvind, maar die inskrywings was van besonder hoë gehalte.

Nog ‘n rykdom van ander nuus; lees verder by https://pottebakker.co.za/philippolis-nuus-no-13-2015-11-09/

Comments are disabled.